AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Gedigte kan HIER gestuur word. Digters AnoniemForum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.Digters Anoniem ... Draai omHaat is net liefde wat haar rug op jou draai. Dis eintlik haar eie verwoesting wat sy so saai. Dag na dag, jaar na jaar, blaai na blaai, word jou persoonlikheid met die woeste wind weg gewaai. Haar siel is 'n tragiese tronk, sy vermy die varklike verlede, sy word fisies en psigies dronk, hoor iemand haar geroeste gebede. Op papier is sy perfek, haar liriese lewensdroom, is agter 'n geslote hek. Sal sy groei soos 'n boom al is haar wortels vrot al word haar bestaan gespot. Die wintermaan skep 'n kontrasterende skaduwee van die maagd se verhoerlike figuur. Sy sien 'n ligter swart in haar hart sy sal verander, maak nie saak hoe lank dit duur. Sy is die vrou wat uit die tuin geskop is, vooroor gebuig en nederig sal sy haar plig voltooi. Sy is nou geen man se prooi. Waldo Schafli |