Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gedigte

Gedigte kan HIER gestuur word.

Digters Anoniem

Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...

Die klok lui
Die klok lui, nog ´n dag begin.
By die skool op die vlaktes.
Kinders hardloop. Hulle begin die dag met...
"Onse Vader wat in die hemele is -"
Ons weet waar die Vader tuis hoort,
Maar waarheen is die kinders op pad?

Die dag gaan voort. Die son skyn warm.
Net soos in enige ander gegoede gebied -
Die groot verskil - koeëls klap sommer naby.
Eers het dit gepla.
Nou steur niemand hulle veel meer daaraan nie.
Ag Vader, waarheen is die kinders op pad?

In die klas word vertel van koeëls wat heel nag weerklink het
En,
O! Ja, hulle het weer ´n kind geskiet.
´n Bendelid is ook geskiet.
Die ander bendelede gaan vandag kom wraak neem.

´n Meisietjie stap na Juffrou se tafel.
Sy staan.
Juffrou vra: "Wat is dit my kind?"
"Juffrou kan ek privately met Juffrou praat?"
"Ag seker my sweetheart. Wat is dit?"
"Ek wil nie hier praat nie, Juffrou."
Ag, dink Juffrou, wat is dit nou weer?
Waarheen is ons kinders op pad?

Hulle staan sommer so buite op die stoep.
Daar is nie ´n ander plek of ´n opgeleide persoon beskikbaar nie.
Die departement het nie genoeg geld nie.
Die kleintjie kyk onseker en bang rond.
Ek weet werklik nie meer nie.
Waarheen is ons kinders op pad?

Uiteindelik, "Juffrou sien, gisteraand het my ma se boyfriend by my kom slaap".
Juffrou voel of haar lugpype gaan toeslaan.
"Juffrou sien, hy het sy dinges.. Juffrou weet mos waarvan ek praat, in my opgesteek."
Ag Vader, ek pleit, waarheen is ons kinders op pad?

"Juffrou moet promise Juffrou gaan vir niemand sê nie."
Waarheen is ons kinders op pad?

Onskuldige kinders of nie.
Pouse, twee seuns baklei.
Kantoor toe. ´n Stryery begin.
"Ek gaan nou sê. Djy het giste Juffrou se gelt gesteel."
"Djy vergiet van jou", kap die ander een terug, "julle syp elke week-end ´n kis biere yt."
Weet iemand miskien waarheen is ons kinders op pad?

Wiskunde huiswerk, Engelse huiswerk, naslaanwerk.
Jy maak seker ´n grap.
´n Seun se ma besluit: "Die juffrouens by daai skool is amil iewe bevok."
"Djy wiet mos djy moet butcher toe gan, ennie vleis opsit.
Wanne dink djy gaan ek klaa kry met die bad wasgoed?"
Die skool sukkel. Die personeel word op hul knieë gehou.
Dis bid sonder ophou.
Elke dag vra meneer die leerders om skoolfonds te betaal.
"Betaal dit maandeliks", word gepleit.
"Tien rand ´n maand is genoeg."
"Sê djy vi jou meneer", sê die ma, "ons het nie eens vriete op die tafelie.
Hy worry oor skoolfons!"
Wie weet? Waarheen is ons kinders op pad?

Juffrou bel die buurskool. Hulle moet netbal speel.
"Nie vandag nie, Juffrou, hier´s moles.
Die bende skiet op ons speelgrond.
Bid asseblief tog net vir ons."
´n Byeenkoms word vinnig gereël.
Daar word vreeslik gebid, want wie sal dan beter verstaan as die buurskool.
En die onderwysers wonder - waarheen is ons kinders op pad?

Ministers van onderwys kla.
Onderwysers moet hulle werk doen.
Luiheid sal nie geduld word nie.
Ouers en onkundiges stem saam.
Ken hulle die vlaktes met sy oorvol klasse?
Weet hulle wat daar aangaan of hou hulle hulle blind en doof?
Kan húlle miskien sê waarheen is ons kinders op pad?

Leerkragte hou vergaderings.
Kenners kom en gaan.
Hulle gee raad en gaan vort.
Hulle keer nie weer terug nie.
Hulle wil dit nie erken nie - die taak lyk onbegonne.
En die vraag bly staan - Waarheen is ons kinders op pad?

Nog vergaderings word beroep.
Leerders kan nie konsentreer nie.
Op sport gebied doen hulle briljant.
Frustrasies en woede word op balle uitgeslaan en uitgeskop.
Dit help ´n bietjie, maar wat wou, waarheen is ons kinders op pad?

Ouers? Sosiale werkers? Dokters? Predikante? Onderwysers?
of luiaards soos die onkundiges hulle noem?
Wie is hulle?
Hulle met hul oorvol klasse in die vlaktes.
Hoe verduur hulle die pyn, hartseer en alles wat daarmee gepaard gaan?
Waar kry hulle die moed om elke dag terug te keer?
Hoeveel keer per dag vra húlle - Waarheen is ons kinders op pad?

Onse Vader wat in die hemele is. Laat U naam geheilig word.
Laat U koninkryk kom. Laat U wil geskied.
Want net U sal weet - waarheen ons kinders op pad is?

Ester Willemse


Digters
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner