Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gedigte

Gedigte kan HIER gestuur word.

Digters Anoniem

Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...

Kom binne, kom kuier

Verward en verdwaald sit ek hier in die vreemde stad in my straaltjie son.
Oral om my sien ek groepies wat lag en gesels.
`n Duisend agthonderd van julle en nie eens een wil met my gesels!
Nie een van julle sal `n frons omdraai na my kant toe nie.
Waarom sal dit tog wees, maar nie eens dit antwoord jul nie.

In stilte sit ek en luister na my gedagtes wat maal, om en om.
Wil jy nie maar kom kyk hoe lyk dit hier in my wêreld nie?
Dit sal nie lank neem nie... leegheid, alleenheid, verlatenheid is al wat jy sal ontdek.
Elke dag bekruip die dood my al meer:
soos `n verdwaalde veldmuis vêr van vriende, vreugde en vertroosting
Lankal is ek dood, maar wag vir die ewige dood om neer te daal.

Kyk jy dalk hard genoeg , kan jy my vreugde ook beleef.
Kom binne, maak jou tuis, jy kan selfs moontlik saam my sweef.
Laat weet net eers as jy kom dat ek self eers die goed en die mooi kan gaan soek,
Dat ek die sleg en die hartseer net dieper kan verdruk.

Met bleek gebeenderes in al die ongesteurde kaste om elke hoek en draai,
Is dit verseker dat jy iets sal vind wat jou interesseer.
Maar moet my tog nie kritiseer of probeer om my te beheer.
Want die skuldgevoel is klaar besig om my te verteer!

As geluk tog blomme was, het ek tonne daarvan gesaai
En kon ek net dalk ewig gelukkig wees tussen my blommevriende.
Maar al wat opkom, is knapsekêrels, kanker-roos en kakiebos.

Kom binne, maak jou tuis, jy kan self moontlik saam my sweef ...

Yolanda Erasmus

Familie Twis

Hoe gereeld skel julle nie op mekaar, gaan sit Pa maar net weer in die ou "bar"
Dit als oor dinge wat so lank terug gebeur het,
Waarom laat staan julle nie daai dinge nie, vergeet van die verlede?
Kan Ma-hulle nie sien wat dit aan my as kind doen?
Nee julle doen nie, want julle is veel eerder in mekaar se hare!
As ek nie van beter geweet het nie, sou ek dink julle het van my vergeet.

Vir die soveelste keer sit ek alleen in die groot donker huis
Speel ek maar `n raaisel speletjie om te probeer dink waar ma-hulle is.
Buite blaf die hond verwoed, maar darem nie vir lank.
Te bang om te gaan kyk bly ek eerder in die kamer soos `n bang muis.
Al weer lê Ma dronk uitgepaas op die bank,
Met die stank wat in die lug hang van ou drank!

Vroeg oggend kom Pa sleepvoet die huis binne,
Met `n diep sny teen die wang af en droë bloed teen die ken,
Skel ma al weer dat hy moet pasop vir die skoon linne.
Van skoonmaak van sy wonde wil hy niks weet,
En sê eerder maak iets om te eet en gooi `n dop,
Veel eerder sou ek maar liewer die vloer wou mop.

Teen middagete is ma-hulle weer vermis
Met `n gepakte tassie oppad na nêrens, sit ek nou op die bus.
Wonder ek of ma-hulle sal agterkom dat ek is weg?
Wonder ek selfs waarheen ek gaan,
Wat die rede is dat ek in die eerste plek bestaan?
Vir die eerste keer in my lewe voel dit vir my als is nou reg!

Yolanda Erasmus

LOKASIE KINDERS

Met snot neusies en stowwerige handjies,
Kyk hulle met pleitende ogies, met hoop om iet te ete te kry.
Groot magies wat vir jou loer,
Dan kom die krakende stemmetjie wat vra:
"Asseblief basie net iets om te eet?"

Honde wat lyk soos Zimbabwe koeie
Krap op die ashoop rond, opsoek na die pleitende dooie.
Uitgehonger vir `n bietjie liefde, sit hy en dink aan al sy sondes.
Min wetende dat dit die laaste dink sou wees.
Klein en verswak sonder `n geveg gee hy in teen die koeievegters.

Maar hier sit ons spekvet en gesond, sonder enige kwaal.
Waaroor klae julle, sonder elektriese krag het jul wêreld vergaan.
Sonder brandstof is julle gestrand, waaroor kla julle?
Aangetrek vir `n vale, sit julle in die restaurante dag-na-dag.
Nes lokasiekinders staan julle op die straathoeke en bedel.
Skaam julle jul nie om jul so te gedra asof niks julle pla?

Wat sal die rede tog wees vir jul skinder-gesprekke
Oor die lokasiekind wat sy hand uitsteek opsoek na hulp?
Skaam julle jul nie om jul rûe op hulle te draai en te ignoreer nie?
Dan vra julle nog waarom die lokasiekinders julle haat,
Besteel en vermoor , dit is jul eie skuld.
Hulle tree op soos hul doen bloot om wraak te neem
Teen al die tye wat julle jul rûe gedraai het en hul geignoreer het.
Sies, skaam julle jul nie?

Yolanda Erasmus

Digters
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner