AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Gedigte kan HIER gestuur word. Digters AnoniemForum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.Digters Anoniem ... Verwoed2004. Vervolmaak is die woede in die mens!Tegnologie versuim - die ou sentrales is weg Die Effektebeurs is op SENS ... Mense verloor besittings en kinders, na ander lande Ook ek moet na 'n plaas - van 'n man met geld en geporseleinde tande Alles verloor 'n Onwaarskynlike weldoener keer dat ek myself vermoor Lyne is dood. Kliënte soek histeries na my Die spertye gaan verby My brood verloor ek steeds Gedydend bly my frustrasie In die nuwe tuiste van ons nasie Waarom ontwyk die dankbaarheid my? By die voordeur bars my hart Wat is dit.. Hier voor my deur? Kom in my hond - ek trek hom aan sy band. Woede maak my tien maal sterker. En die bakkop Rinkhals uitgevat in 'n aandpak met 'n breë wit strikdas Staan hoog en fier hier voor my. Sy vleuels uitgespan - trots keer hy my vas. Jou Donder! - jy met jou seunsagtige semen-sputum ek maak jou vrek! Hy spoeg mis Die warm strykyster tref hom vinniger as wat hy kan pik My delikate liggaam is vol kwaad en lis Hy's dood, my keel is droog wanneer ek sluk Arme slang, JOU woede was anders. Jy was maar net bang En so blaas jy jou laaste sis In jou pragtige pak en strikdas uitgevat 'n Man kom slaan jou kop nog verder plat Askuus Rinkhals, My woede bly besete, Maar teen die aand is jy lank reeds vergete. - Riëtha Zondagh |