Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sęgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Het jy 'n bydrae of resensie vir die Musiekafdeling? Stuur dit na .

Bach in Afrika

Om die konsertprogram vir 2008 by Hugo Lambrechts in Parow in te lei, tree die befaamde Saksiese staatsjeugorkes uit Duitsland Vrydag 8 Februarie om 20:00 in die ouditorium op.

Die konsert vind plaas met die samewerking van die Duitse embassade ten bate van die Hugo Lambrechts-Musiektrust. In plaas van formele toegangsgeld sal donasies aan die Trust verwelkom word.

Onder die vaandel van Landesjugendorchester Sachsen (LJO), soos die orkes in hul vaderland bekend is, het die talenvolle jong Saksiese musikante al in baie węrelddele opgetree.

Die orkeslede wat tussen 14 en 26 jaar oud is, trek twee keer per jaar vir 'n repetisieweek saam en studeer dan hul repertoire bestaande uit simfoniese werke, suites, overtures, solo-uitvoerings asook kontemporęre werke in. Die orkes staan sedert 2000 onder leiding van Milko Kersten, wat afgesien daarvan dat hy 'n gerekende musikant en ervare leermeester is, ook 'n voorliefde vir hedendaagse musiek het.

Die orkes spog reeds met ses CD's as bevestiging van die hoë standaard wat gehandhaaf word. Baie voormalige lede is nou beroepsmusici in verskeie van Duitsland se bekendste simfonie-orkeste.

Tydens sy Bach in Afrika-toer speel die LJO seleksies uit die volgende program en die gehoor kan in die toegif onder meer ook die SA volkslied en Shosholoza verwag:

  • Johann Sebastian Bach (verw. Milko Kersten): The Italien concert
  • Reinhard Seehafer: Bach-Trium (Eerste uitvoering)
  • Antonio Vivaldi: Konsert vir vier viole en orkes D-Major op. 3
  • Pedro Iturraldes: Czardas vir saksofoon en orkes
  • Ludwig van Beethoven: Novelette F-Major vir viool en orkes
  • Felix Mendelssohn-Bartholdy: Italien-simfonie

Kaartjies (gratis) is beskikbaar by die Musiekentrum (telefoon 021 939 9105) of by die loket voor die konsert van 19:00 af. Enige donasies aan die Hugo Lambrechts-Musiektrust vir musiekontwikkeling sal egter met dank aanvaar word.

Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner