Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Het jy 'n bydrae of resensie vir die Musiekafdeling? Stuur dit na .

Klein het groot naam

Die veelsydige jong Duitse klassieke pianis, Beatrix Klein (24) van Keulen, tans op besoek aan Kaapstad, het reeds internasionaal 'n groot naam opgebou. Sy is 'n lid van die Duitse Nasionale Akademie-stigting vir uitnemende studente, het sedert 1997 by internasionale klavierkompetisies wêreldwyd 'n indrukwekkende vertoningslys opgebou en sal stellig Dinsdagaand 12 Februarie by Hugo Lambrechts in Parow toon waarom sy so hoog geag word.

Haar uitvoering begin om 19:00 en kaartjies is beskikbaar by die ouditoriumloket of vooraf by die Musieksentrum Hugo Lambrechts (Heidi 021 939 9105).

Die konsert vind plaas met die samewerking van die Duitse embassade ten bate van die Hugo Lambrechts-Musiektrust vir musiekontwikkelingsprojekte. [In plaas van formele toegangsgeld sal donasies aan die Trust verwelkom word.]

Die program (aangeheg) sluit gewilde werke van Scarlatti, Haydn, Scriabin, Liszt, Prokofieff en Reddy in.

Klein is in 1983 in Bonn gebore en het reeds op vyf met klavierlesse begin. Van Oktober 2001 tot Oktober verlede jaar was sy 'n student aan die Keulense Musiekkonservatorium, ontvang sedertdien nagraadse onderrig aan die Nasionale Akademie van Santa Cecilia in Rome, Italië en het 'n rits meesterklasse op haar kerfstok.

Menige jong musikus sal jaloers wees op Klein se CV, opleiding, beurse, konserte en blootstelling op verskeie vastelande. Sy is 'n meervoudige wenner van die Duitse nasionale Jugend-Musiziert in die afdelings klaviersolo en -begeleiding, fluitsolo en kamermusiek. Die afgelope sewe jaar het sy verskeie eerste pryse by groot Duitse, Europese en internasionale kompeties gewen, afgesien van die kere toe sy in die Baltimore (VSA) en Vina, Chilië 'n finalis en semi-finalis was. Sy het ook verlede jaar in Pretoria aan Unisa se internasionale klavierkompetise onder die voorste deelnemers geëindig.





Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner