Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Het jy 'n bydrae of resensie vir die Musiekafdeling? Stuur dit na .

Die beste klankbane

Wat is die beste klankbane van alle tye? Die fokus vir hierdie Top 20 is oorspronklike musiek wat die tema van die verhaal vertolk. Jy mag natuurlik net verskil indien jy jou eie lys instuur.

South Pacific20. South Pacific (1958), Rodgers en Hammerstein
Die gedugte duo van Richard Rodgers en Oscar Hammerstein II se musiekblyspel van James A. Michener se Tales of the South Pacific.
Koop / Buy South Pacific ...

19. The Magnificent Seven (1960), Elmer Bernstein
Wat Chariots Of Fire vir atletiek is het The Magnificent Seven vir Cowboy flieks geword.

Pat Garrett and Billy the Kid18. Pat Garrett and Billy the Kid (1973), Bob Dylan
'n Klankbaan in limbo deur een van die lewende musiekskatte, Bob Dylan.
Koop / Buy Pat Garrett and Billy the Kid ...

17. Once Upon a Time in the West (1968), Ennio Morricone
'n Klankbaan deur 'n uitstekende Italiaanse komponis, Ennio Morricone, prop 'n Cowboy fliek vol emosie.

16. Breakfast At Tiffany's (1961), Henry Mancini en Johnny Mercer
Een van komponis Henry Mancini en liedjieskrywer Johnny Mercer se liedjies uit die film, "Moon River", het meer bekend geraak as regisseur Blake Edwards se skepping. Sou dit ooit gebeur het as iemand anders as Audrey Hepburn dit gesing het?

West Side Story15. West Side Story (1961), Leonard Bernstein en Stephen Sondheim
Klassieke musiek vir die mense op straat is wat jy kry wannneer jy een van die invloedrykste Amerikaanse komponiste, Leonard Bernstein, laat saamwerk met dié vertolker van musiek in teater, Stephen Sondheim.
Koop / Buy West Side Story ...

Annie14. Annie (1982), Charles Strouse en Martin Charnin
Die blyspel was meer as 5 jaar op Broadway en die film was dadelik 'n treffer toe klein Aileen Quinn "Tomorrow" sing.
Koop / Buy Annie ...

Midnight Cowboy13. Midnight Cowboy (1969), John Barry
Die komponis John Barry het nog altyd klankbane sy werk gemaak, met groot sukses. Hy was onder andere verantwoordelik vir die James Bond temalied en verskeie James Bond klankbane. Midnight Cowboy is sy beste werk tot op hede. Ander goeie klankbane waarvoor hy verantwoordelik was is Zulu (1964), King Rat (1965), The Deep (1977), Body Heat (1981), The Cotton Club (1984), Out of Africa (1985), Dances with Wolves (1990), Chaplin (1992) en Cry, The Beloved Country (1995).
Koop / Buy Midnight Cowboy ...

12. The Empire Strikes Back (1980), John Williams
John Williams is 'n bekende Amerikaanse komponis en pianis wat al vir verskeie klankbane gesorg het in sy lewe. Die lys sluit in Jaws, Star Wars, Superman, E.T. the Extra-Terrestrial, Raiders of the Lost Ark, Jurassic Park, Hook, Schindler's List en meer onlangs Harry Potter. The Empire Strikes Back troon uit in hierdie lys weens 'n variasie wat wissel van romantiese deuntjies tot onheilspellende klanke wat Darth Vader voorloop.

Help11. Help (1965), Beatles
Nie die beste van flieks nie, maar die ouens met die Lego-haarstyle se musiek het daarvoor opgemaak.
Koop / Buy Help ...

The Lion King10. The Lion King (1994), Elton John, Tim Rice en Hans Zimmer
Met die bekende name van Elton John, Tim Rice en Hans Zimmer kon dit nie anders dat die musiek van hierdie animasieprent die kol getref het nie. Shakespeare se Hamlet was die inspirasie vir die verhaal.
Koop / Buy The Lion King ...

Mary Poppins9. Mary Poppins (1964), Sherman Brothers
'n Disney musiekblyspel met Julie Andrews en Dick Van Dyke.
Koop / Buy Mary Poppins ...

Hair8. Hair (1979), James Rado, Gerome Ragni en Galt MacDermot
Milos Forman se film oor die sestigers het mense aan die praat gehad en die klankbaan is gereken as die eerste rockmusiekblyspel.
Koop / Buy Hair ...

The Mission7. The Mission (1986), Ennio Morricone
'n Epiese rolprent deur Roland Joffe wat sterk steun op die musiek van die komponis Ennio Morricone.
Koop / Buy The Mission ...

6. The Harder they come (1972), Verskeie kunstenaars
Die fliek is vir sommige vergete, maar die musiek het tydloos geword. Jimmy Cliff se "You Can Get It If You Really Want" en "Many Rivers To Cross", die Melodians se "Rivers Of Babylon", Desmond Dekker & The Aces se "Israelites", Johnny Nash se "I Can See Clearly Now" en Eric Donaldson se "Cherry Oh Baby". Fantasties!

The Sound of Music5. The Sound of Music (1965), Rodgers en Hammerstein
Verskeie toekennings bevestig dat Richard Rodgers en Oscar Hammerstein II van die beste liedjieskrywers ooit was. Die twee het veral gefokus op musiekblyspele. Vandag nog fluit kinders en volwassenes liedjies van hierdie klankbaan. Ander werke van Rodgers and Hammerstein sluit in Oklahoma!, South Pacific en The King and I.
Koop / Buy The Sound of Music ...

The Wall4. The Wall (1982), Pink Floyd
Pink Floyd het reeds in 1979 hierdie rock opera van hulle as 'n album uitgereik, dubbelalbum om presies te wees. Tot op hede nog die grootste verkoper dubbelalbum in die geskiedenis. Alan Parker was die regisseur van die film en sanger Bob Geldof het die rol van Pink vertolk. Meeste van die opnames wat in die film gebruik is verskil effe van die op die album.
Koop / Buy The Wall ...

Cabaret3. Cabaret (1972), Kander en Ebb
Bob Fosse se bekroonde film met Liza Minnelli, Michael York en Joel Grey. Die skeppers van die musiekblyspel, Kander en Ebb, het net sekere liedjies van die oorspronklike werk gehou vir die filmweergawe, die res was alles oorspronklik gekomponeer vir die fliek.
Koop / Buy Cabaret ...

2. The Little Mermaid (1989), Alan Menken en Howard Ashman
Die Disney weergawe van Hans Christian Andersen se feëverhaal. Kenners meen dat hierdie fliek eiehandig die animasiegenre laat herleef het. Alan Menken en Howard Ashman was verantwoordelik vir die klankbaan. Die eerste klankbaan waaraan die twee saamgewerk het was vir Little Shop of Horrors (1986).

My Fair Lady1. My Fair Lady (1964), Alan Jay Lerner en Frederick Loewe
Die musiekblyspel is Pygmalion van George Bernard Shaw. Die regisseur was George Cukor en die hoofrolle is vertolk deur Audrey Hepburn en Rex Harrison. Alan Jay Lerner en Frederick Loewe het aanvanklik die oorspronklike stuk musiekteater vir 'n paar jaar laat vaar, omdat almal gedink het dit is onmoontlik om musiek vir Shaw se verhoogstuk te skryf. Die filmweergawe het die Oscar-toekenning vir daardie jaar ontvang.
Koop / Buy My Fair Lady ...





Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner