AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sęgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Het jy 'n bydrae of resensie vir die Musiekafdeling? Stuur dit na . Die Grootste Afrikaanse Sokkie Vol. 5Dit is hier: die vyfde aflewering van die oorspronklike sokkiereeks Die Grootste Afrikaanse Sokkie. Met die grootste sokkiekunstenaars en die grooste sokkietreffers! Ja, hier is 'n allemintige Afrikaanse woemaversameling van veertig makietievreugdes op een sterbelaaide dubbelritmepakket! Spits die ore vir reuse-sokkietreffers: van Juantia du Plessis se "Jou skaduwee", Kurt Darren se "Boeretroue", Die Campbells se "Klein biejtie lam", Dewald Dippenaar se "Wys jou muis" tot DJ Ossewa se "Sexy meisie", Hi-5 se "Die twist", Desmond Wells se "Heeltyd speeltyd" en Jannie Moolman se "Die kat kom weer". Gistertreffers en hedendaagse dansvloerplukkers gryp die ritme sonder brieke. Daar is heerlike danshumor ook: onder meer Christo & Cobus se "Girls is nie meer girls nie", Thys die Bosveldklong se "Hokka bokka haai", Wicus van der Merwe se "Inry" en Anton Myburgh se "Jessie". Die deurwinterde manne - Anton Goosen (met "Blommetjie gedenk aan my", "Byeboerwa" en "Harlekyn" in 'n keurspel verpak), Francois Hayes ("Swaai haar"), Worsie Visser ("Klein bietjie wyn") en Manuel Escorcio ("Amoré") wys rtime is nie net tot die jonges beperk nie. En die tenoorstem kán sokkie: dit wys Freddie Mong met "Pronto pronto". Ja, ooit gedink 'n operasanger kan 'n FAK-liedjie die dansvloer-inspuitng gee? Luister maar net wat Jannie Moolman met "Die kat kom weer" gedoen het!
Met instrumentale weergawes van "Net die een vir my" (Symphonia), "Ou tante Koba" (Klipwerforkes) en DJ Bakgat se opgeklitste sweettapweergawe van "Jou hart is weer myne". Maak jou voete vry en sokkie! |
Musiek |