Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sęgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Het jy 'n bydrae of resensie vir die Musiekafdeling? Stuur dit na .

Ongevraagde "Hello"

Wie is Egmond? Gebore in 'n vakansie-dorpie op die grens van Gauteng, 28 jaar gelede, sou niemand kon dink dat die voor-op-die-wa verhoog-versotte hartebreker een dag van die land se radiogolwe sou versit nie. Met meer as 50 liedjies geskryf in 'n tydperk van 1 jaar (dis een liedjie elke week) reeds in sy gatsak, hordes gedigte waarvan 2 alreeds in Engeland gepubliseer is, sy eerste boek wat in laat 2008 die lig gaan sien, asook vertonings saam met 7de Laan sterre en Idols, moet daar iets uniek wees aan hierdie jong man.

Egmond het reeds vroeg al begin sing (hy herroep die dae van Bles, Rina en Carike se kasette) en het op skool 'n duet gevorm saam met vriendin Yolandi Smith. Die verhoog was sy 2de woning met revue, toneel en koor pryse wat pronk op sy stapel ATKV sertifikate. In 1996 se Reik na die Sterre het Egmond en Yolandi 1ste plek in die Limpopo losgeslaan en dit het hom die moed gegee om aan te hou sing.

Sy eerste liedjie "This Morning" is in 1997 aanmekaar geslaan op die rotse van Mosselbaai se strand en is 3 jaar later in 'n klein kusdorpie in Engeland voltooi. Vroeg 2003, na Egmond se pad met die van Henry Mylne (van 7de Laan, Ballade vir 'n Enkeling en Egoli) gekruis het, het hy begin wysies sit aan toonlose lirieke wat iewers in 'n laai gelę en stof opgaar het. Die bal was aan die rol toe "This Morning" vir die eerste keer in 'n studio opgeneem is saam met 2 lede van die bekende kult groep Clout ("Save Me" en "Substitute" was van hul treffers) met Glenda Millar op koor en Sandy Robbie op kitaar. Agter die wiel van die projek was Bernie Millar (van Circus-faam!). Kom Desember 2003 en Egmond word uitgedaag om sy lys van Engelse liedjies te vertaal. "This Morning" het weer 'n draai in die studio gemaak en het uitgestap as "V'more". Die gehoor se reaksie na 'n onverwagte cameo by 'n Adam Tas konsert het die versekering gegee dat Afrikaans die roete was om te gaan.

Tussen opnames, huis opsit, radio onderhoude, kar koop en optredes is daar vir die afgelope 5 jaar gewerskaf om sy album die regte klank te gee. In die hartjie van Johannseburg het Egmond en Bernie Millar die album aanmekaar geslaan. Drie van die liedjies kom van Renier Henn af, 'n musikant in eie reg, wat hom by die Adam Tas konsert aangepor het om 'n album op te neem. 'n Vierde snit is deur 'n oud-YDE-kollega, Thabang Makoe, en sy vennoot Kgotso Shomang opgeneem. Van die 10 snitte op die album het Bernie ses opgeneem en oor 2 waargeneem. In 2007, in die kantien van YDE Rosebank, het Egmond en oud-kollega Nathi Louw "Brug Lelies" geskryf. 10 Maande later is dit opgeneem met Nathi op kitaar en iemand vanuit Nathi se groep ook op kitaar. Die jonge man, Tshepo Mohapi, slegs 21, het Egmond uit die veld geslaan met sy kitaar vernuf, en Tshepo het weer sy kitaar talente vir die album geleen toe hy teruggekeer het na die studio toe met die opname van die laaste snit vir die album, "Verslaaf".

In April 2007 het Egmond sy eerste EP ('n mini weergawe van die debuut album) op sy webwerf bekend gestel en besoekers kan die musiek verniet aflaai. Die EP het 5 van die album se liedjies bevat asook 'n omslag wat tuis gedruk kon word. 'n Maand na die vrystelling het meer as 25 000 besoekers van al 5 kontinente die MP3 afdeling van sy webwerf besoek! Egmond het ook nog 2 Engelse snitte opgeneem, waarvan een vir Truworths se Ace-program (snit getitled "Electric") en 'n temalied vir Crafters Market wat tans op hul webwerf speel (snit getiteld "Proudly African").

Ongevraagde HelloSkrikkeljaar 2008, en die aankondiging word op Egmond.Co.Za gemaak dat sy debuut album, Ongevraagde "Hello" voltooi is. Die album bevat 10 snitte wat almal self deur Egmond geskryf is, behalwe "Brug Lelies" (musiek deur Nathi Louw en Egmond). 40 sekondes van elke snit is beskikbaar om na te luister op die webwerf. Wat die bekendstelling van die debuut album nog meer interessant gemaak het, is dat Egmond 'n Ekstras Album opgeneem het terselfde tyd wat remixes en demos bevat. Die album, getiteld Ongevraagde "Ritmes", is dieselfde dag as die debuut album bekendgestel en was ook beskikbaar om verniet af te laai op Egmond.Co.Za.

Die album is self gefinansier en bemark. Nie sleg vir iemand wat nie 'n graad in bemarking, finansiering of musiek het nie! 2008 beloof om 'n jaar vol Egmond te wees, en groot dinge word beplan vanaf Junie.

Koop / Buy Ongevraagde "Hello" MP3's ... (net een of almal)

Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner