AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Het jy 'n bydrae of resensie vir die Musiekafdeling? Stuur dit na . Ever Since ThenVir die derde keer bederf Navi Redd hul aanhangers met 'n splinternuwe, oorspronklike CD - Ever Since Then. En as jy nog nie 'n aanhanger is nie, sal jy beslis een wees nádat jy hierna geluister het. Ja, maak jou reg vir 'n wilde rit van klank, waar daar 'n splinternuwe baadjie aangetrek word vir 'n wye verskeidenheid musiek. Dié produksie sal sonder twyfel aanklank vind by oud en jonk, manlik én vroulik. 'Op hierdie CD het ons baie hard probeer om die publieke mark gelukkig te hou, sowel as die groot hoeveelheid korporatiewe kliënte wat ons het. Ons het boonop twee splinternuwe snitte opgeneem wat nog nooit lewendig op die verhoog gehoor is nie en spesiaal vir die CD in die ateljee verwerk is. Die een is Nicholis Louw se "Ek is nog hier" en die ander een is Queen se "Don't stop me Now".' Al die lede van die groep is rasend opgewonde oor dié produksie ... en met rede. Want met hierdie nuwe CD het hulle finaal wegbeweeg van tipiese a capella musiek na 'n ware voice-band toe. 'As mense hoor ons doen a capella musiek, dink hulle dadelik aan 'n stywe koor of ensemble. En dié wat Navi Redd al lewendig gesien het, sal weet dat ons alles behalwe 'n koor is. Met hierdie nuwe CD het ons doelbewus probeer om die energie en passie van 'n lewendige optrede in die verwerkings vas te vang,' sê hulle. Waar a capella stemme tradisioneel sonder instrumente is, is Navi Redd 'n voice-band met hul stemme as die instrumente. Daar is 'n hele orkes, van 'n baskitaar, perkussie, tromme, klawerborde, kitare, trompette - en dit alles net met stemme!
En of dié CD volgens hulle goed gaan verkoop? Luister veral na hul weergawe van "I like to move it" - dit gaan sonder twyfel 'n treffer wees - selfs by partytjies en klubs, sonder 'n enkele instrument. Daar is nog nooit só iets in Suid-Afrika gehoor nie! |
Musiek |