AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Het jy 'n bydrae of resensie vir die Musiekafdeling? Stuur dit na . Gee my meerReeds op tweejarige ouderdom is Elizma Theron lief vir sing en sing sy, tydig en ontydig die enigste liedjie wat sy ken. Dit is 'n ou liedjie wat die verhaal vertel van die smart van 'n boere gesin tydens die Anglo Boereoorlog. Die liedjie se naam is "Gaan kyk wie klop daar Jannie." Hoewel sy redelik noot vas was het haar vermoë om die woorde te onthou en die nodige gevoel in haar stem te sit, almal verbaas. Op twaalfjarige ouderdom neem sy aan 'n plaaslike sangkompetisie, vir Hoër-en-Laerskoolleerlinge, deel en sy wen dit met die liedjie "A whole new world." Hierdie liedjie se titel het vir haar waar geword, want 'n heel nuwe wêreld het vir haar oopgegaan. Twee jaar later neem sy deel aan die landswye sangkompetisie, Reik na die Sterre en word deur CJ de Swart in die tydskrif Keur, spesiaal vermeld vir haar "kommersiële trefkrag" Danksy 'n gemeenskap en 'n skool wat graag toesien dat die kinders van die die omgewing vooruit gaan, kry sy gereeld geleentheid om op te tree en haarself as sangeres te slyp. Sy hou egter nie net by sang nie, want in haar graad 9 en 10 jaar besoek sy Italië en Griekeland vir modelwerk. Na sy matriek aan die Hoërskool Kalahari voltooi, begin sy die Elizma Theron Kultuurskool, waar sy klasse aanbied in moderne danse, modelwerk en sang. Begin 2005 voel sy dat sy gereed is om 'n professionele sangeres te word. In die tyd skryf sy die liedjie "Lapaside" wat later die titelsnit van haar eerste album sou word. Die lirieke van hierdie liedjie is sprekend van haar self-motivering om die sprong van die bekende na die onbekende lewe as sangeres te maak. Met die hulp van Teresa Bekker, van Brits, beland sy by Dennis East, wat haar eerste album opneem. Hierdie album word aan Next Music voorgelê, wat dit by haar oorneem en haar 'n platekontrak aanbied. Hierdie album word einde 2005 uitgereik. Verskeie liedjies op die album, maar veral die titelsnit "Lapaside" word deur verskeie radiostasies gespeel en beland "Lapaside" op die Top 20 van 'n paar radiostasies. Die musiekvideo van "Lapaside" bereik by 'n paar geleenthede die nommer 1 posisie op die program 6@6 op MK89.
Gedurende Januarie 2007 verskyn sy op Dis hoe Dit is met Steve op Kyk-Net. Na dit alles kan sy met goeie reg voel dat sy deel is van die dinamiese Afrikaanse musiekbedryf in Suid-Afrika. In die tweede helfte van 2007 sluit sy by die baie suksesvolle plate-maatskappy, Select Musiek aan en is sy tans besig om haar tweede album op te neem. Dit sluit onder andere 'n duet, "Alles vir jou", saam met Ray Dylan in. Met hierdie album wag daar beslis 'n paar verrassings vir die ondersteuners van Elizma Theron. |
Musiek |