AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Het jy 'n bydrae of resensie vir die Musiekafdeling? Stuur dit na . KarmaDie Ryno Velvet band het sy oorsprong vanuit Durbanville, Kaapstad - 'n driestuk met Ryno Velvet op kitaar en stem, Gavin Cannone op bass en Wayne Davidson op dromme. Hulle word ondersteun deur Servaas de Kock op kitaar en Kevin Cannnone op klavier. Gavin se musiekloopbaan het saam met 'Jakkie Louw en daai band' begin, waar hy sy bass laat dreun het. Wayne het groot naam gemaak as drommer van die Jan Blohm trio en het al saam met kunstenaars soos Gian Groen en Anton Goosen gewerk. Die debut album Karma bestaan uit 10 snitte en is opgeneem deur It's Music alteljee in Durbanville. Die styl is divers en bevat rock 'n roll, blues en kontemporêre elemente. Een van die snitte "Ai My Lam" is reeds gekies as deel van die People Living with Cancer-projek en verskyn ook op die CD. Ander kunstenaars wat by hierdie projek betrokke is sluit in: Abel Kraamsaal, Chris Chameleon, Fokofpolisiekar en Koos Kombuis. Verskeie snitte van die album is ook te hoor op radiostasies soos RSG en Radio Helderberg, en verskeie onderhoude en resensies is reeds gepubliseer. Dit is duidelik dat Ryno Velvet nog diep spore in Afrikaanse musiek gaan trap.
|
Musiek |