Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sęgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

'n Stille Runaway

'n Stille Runaway

Jan Blohm is teen hierdie tyd geen vreemdeling in die Afrikaanse musiekbedryf nie en uiteindelik is sy langverwagte tweede album hier. Blohm is al sedert 2002 heeltyds sanger en liedjieskrywer en twee van sy liedjies is op Volk Jou! deur Wildebeest Records opgeneem. Hierdie talentvolle skrywer en sanger is ook 'n klankingenieur.

Sy debuutalbum, Melkstraat Confessions, het in 2004 verskyn en met die 2005 GMT-toekennings die kollig gesteel toe hy te midde van sterk kompetisie met drie van die vernaamste toekennings weggestap het. Die GMT is 'n SABC 2-inisiatief en word as die belangrikste seremonie vir die Afrikaanse musiekbedryf beskou.

Jan het sy toekenning vir Album van die Jaar vir sy debuut Melkstraat Confessions ontvang, sowel as Liedjie van die Jaar vir Breyten se Brief op dieselfde album. Hy is ook as Beste Nuweling van die Jaar aangewys.

Jan Blohm het in Oktober 2005 die Huisgenoot Tempo Toekenning vir Beste Rock Groep ontvang.

Jan se tweede album, 'n Stille Runaway, is in Januarie 2006 opgeneem en soos verwag is al die liedjies self deur Jan geskryf en gekomponeer. Dromer, die titelmusiek vir die dramareeks Dit wat stom is, is ook op die album te vind. Jan is alombekend aan die publiek vir die feit dat hy ook een van die hoofrolle in hierdie reeks gespeel het.

'n Stille Runaway bied 'n verskeidenheid musiekstyle wat strek vanaf rock, blues en ballades tot ligte jazz. 'n Verrassing op die album is dat Jan self klavier speel op twee van die liedjies: Ja ma en Vanoggend Van Gogh.

Die musiekvideo van die liedjie In wens is opgeneem tydens die opname van 'n Stille Runaway in Clarens in die Vrystaat.

'n Stille Runaway is alles wat al die lojale fans voor gehoop het en belowe ook om net om elke hoek en draai nuwe aanhangers te wen. Getrou aan die diep, rou styl van Jan Blohm is hierdie 'n juweel van 'n besitting waaroor jy nooit sal spyt wees nie.

Rock aan Jan Blohm!
Koop / Buy 'n Stille Runaway....



Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner