AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Eyes OpenHeelwat het gebeur sedert ons laas van die Britse rockers Snow Patrol gehoor het. Die groepie het hulle in 'n klein huisie op die Ierse kus (dink aan branders wat breek, landelike saligheid) toegesluit om 'n opvolg vir hul suksesvolle album van 2004, Final Straw op te neem. Die resultaat van die ekskursie is die pragtig, hipnotiese Eyes Open. Die studio impresario en vriend van die groep Jacknife Lee was vir die produksie verantwoordelik en dit voorspel reeds dat hierdie 'n belangrike rock album gaan wees vol van 'n rits potensiële gunstelinge. Sanger en liedjieskrywer Gary Lightbody se sterk, treffende lirieke en melodieuse komposisies dui ook 'n nuwe rigting in die groep se musiek aan. Dwarsdeur Eyes Open se elf liedjies beweeg Lightbody en die band van lig na donker en van haat na liefde, wat van die album 'n baie introspektiewe stuk werk maak. Daar is 'n goeie balans tussen teenoorgesteldes hierdie keer. Die ligter rock sluit in You're All I Have en, wat volgens Lightbody sy suiwerste liefdesliefdjie tot op hede is, Chasing Cars Om deurlopende kwaliteit te verseker het Lightbody REM se klawerbordspeler op toere, Ken Stringfellow, betrek asook 'n groep elite Keltiese musikante, insluitende Eugene Kelly en Charlie Clarke. En om alles af te rond is Martha Wainwright se hipnotiese stem gebruik op Set The Fire To The Third Bar. 'n Snow Patrol album jaag mens 'n paar rand uit die sak, maar dit is beslis met rede. |
Musiek |