AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sęgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek ![]() Roy OrbisonRoy Orbison was een van die pioniers van Rock & Roll en een van die groot geeste om ooit 'n opname te doen in rock, pop of country. Die Rock and Roll Hall of Fame and Museum in Cleveland, Ohio, hou tans 'n uitstalling wat fokus op verskeie aspekte van Orbison se loopbaan en lewe ter viering van sy nalatenskap. Die uistalling val saam met 'n heruitreikingsprojek van Legacy Records. Eerste aan die beurt in die projek was Black & White Night, die sterbelaaide konsert van 1987. Die eerste "best of" versameling wat oor Roy Orbison se hele loopbaan strek is volgende aan die beurt. Die titel is The Essential Roy Orbison. Volges Howard Kramer, direkteur van die Rock and Roll Hall of Fame and Museum, het "Roy Orbison sy merk in moderne musiekgeskiedenis gemaak met sy unieke mengsel van rock, country en pop". "Sy eiesoortige stem en begeesterde liedjies het hom uitsonderlik gemaak." Die uitstalling in die museum bevat onder andere:
Orbison het 'n invloed gehad op tydgenote soos Elvis Presley en die Everly Brothers, supersterre soos Bruce Springsteen en John Lennon en meer resente kunstenaars soos k.d. lang en Chris Isaak. Roy Orbison se stem was een die kragtigste in die geskiedenis van Rock & Roll, 'n bel canto tenoor met kenmerkende dinamiese crescendo's. Hy kon jou rock en net daarna jou hart breek met sy ballades. Orbison het nege treffers gehad in die vier jaar wat begin het met Only the Lonely in 1960 en eindig met Oh! Pretty Woman. Sy gewildste optredes was die melodramatiese Crying en It's Over. |
Musiek |