Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Ons sal mekaar ontmoet

Charlene Truter se vertoning en gelyknamige debuut-CD Ons sal mekaar ontmoet. is die eindproduk van 'n proses wat in 2002 begin het toe sy uitgenooi is om Afrikaanse musiek by 'n Belgiese kultuurfees te sing. So het 'n ontdekkingsreis, aangehelp deur vriende en beterweteriges, deur Afrikaanse musiek begin.

"Die België-shows moes nét in Afrikaans wees. Dié aanvanklike kopseer was die grootste guns wat die organiseerders my kon bewys want dit het my gedwing om na die "roots" van my verhouding met Afrikaanse musiek te gaan soek. Dit het ek in kerkmusiek gekry." Vandaar die insluiting in die program van 'n medley Sionsgesange en tradisionele, charismatiese kerkliedjies. Die vertoning se naam is ontleen aan een van dié liedjies.

"Dis maar net 'n manier om met mense iets van my persoonlike musiekgeskiedenis te deel wat mý baie nostalgies laat en terselfdertyd baie opgewonde omdat mense dikwels heel onverwags iets van hul eie grootwordtyd daarin herken. Dis al."

Uiteindelik is die vertoning 'n weerspieëling van die mense wat sy letterlik en figuurlik deur musiek ontmoet het - almal wat wetend of onwetend aan die ontdekkingsreis meegehelp het. Amanda Strydom se My Kamer word liries weergegee en 'n mens hoor hoe die "ligter" kant van Koos du Plessis se Molberge en Vermiste Mense klink. Ook Engelse liedjies van minder bekende kunstenaars soos die Israeliese sangeres Achinoam Nini se It's Obvious en Worry Doll word aangebied.

Truter is beter bekend aan Suid-Afrikaanse gehore as die aanbieder van Pasella. In 2003 het Suid-Afrikaanse gehore haar die eerste keer op die verhoog gesien in Nagkantoor, die produksie oor Koos du Plessis se musiek onder regie van Sandra Prinsloo saam met onder andere Jannie du Toit, Christa Steyn en Mathys Roets. Sy het ook in 2004 die tradisionele Griekwapryslied saam met Danie Niehaus opgeneem op sy CD Kerslantern. Maar dis met hierdie vertoning, en veral in haar eie onbegeleide weergawe van die Griekwapryslied dat 'n mens haar werklik sal ontmoet.
datums vir haar optredes in ons Musiekdagboek....



Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner