Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek
Die belowende violis Christina Brabetz by die Musiekskool Hugo Lambrechts se Concertofees 2005.

Concertofees

Soos die naam te kenne gee, wag 'n fees weer op die musiekfynproewers by vanjaar se jaarlikse Concertofees van die Musieksentrum Hugo Lambrechts, beloof Leon Hartshorne, hoof van die sentrum.

Die konsert begin om 19:00 en altesame 12 werke van 11 komponiste word deur verskillende soliste en die sentrum se jeugorkes uitgevoer.

Sedert die eerste een in 1998, het hierdie jaarlikse instelling 'n musiekhoogtepunt in die Kaapse metropool geword. Op een na, die Pretoriase "wonderkind" Landi Schaap, is al die soliste vanjaar uit die Wes-Kaap.

Die program bevat juwele uit die simfoniese repertorium waarmee baie van die jong orkeslede vir die eerste keer mee te doen kry. 'n Hoë vlak van musikale insig, tegniek en beheer word gehandhaaf.

Hartshorne nooi vriende van die Hugo om so gou mootlik hul plekke te bespreek - die ouditorium bars gewoonlik uit sy nate.

Die Concertofees word vanjaar weer deur Die Burger geborg. Dit is op skoolgaande musikante gemik en bied hulle 'n wonderlike geleentheid om vir 'n besondere doel te werk.

"Reeds op hierdie vroeë stadium ervaar die jong maestro's die ongelooflike vreugde wanneer daar hard gewerk word om saam met 'n orkes te speel," sê Hartshorne.

Buiten die geleentheid wat 'n paar soliste kry om saam met 'n orkes te speel, leer die orkesspelers op die manier 'n ongelooflike hoeveelheid repertorium ken. Hierdie ondervinding is uiters belangrik om te hê wanneer 'n kandidaat vir 'n posisie in 'n professionele orkes aansoek doen.

"Jong Suid Afrikaners het sulke geleenthede nodig om hulle voor te berei indien hulle vir verdere studie na die buiteland wil gaan," voer Hartshorne aan.

Die deelnemers is reeds in Februarie uit sowat 60 kandidate by oudisies in Pretoria en plaaslik gekeur om genoeg tyd te laat dat die bladmusiek bekom kan word wat deur die jeugorkes ingestudeer moet word.

Die program word ingelei met Landi Schaap (8) as solis op klavier. Sy is verlede jaar by die Sanlam Nasionale Musiekkompetisie as die belowendste kandidaat onder 10 aangewys, nadat sy op ses die eerste maal vir deelname gekeur is.

Om die Concertofees af te sluit sal Hamman Schoonwinkel (14) op alt saxofoon met Milhaud, D. se Scaramouche stellig weer sy ongelooflike talent onderstreep. Hy het die afgelope paar jaar by die Sanlam-kompetisie onder die pryse en medaljes gemaai.

En tussen hierdie twee jong sterre sal 'n string violiste en tjelliste, blasers, asook 'n sopraan hul slag wys.
datums in ons Musiekdagboek....



Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner