Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Lied van die Engele

Lied van die Engele

Op hierdie uitsonderlike album sing die Engele in die taal van rock oor die liefde.

Lied van die Engele is Gian Groen se vierdie album en soos hy self sê bevat die lirieke op die nuwe album 'n positiewe gevoel en uitkyk. Hoekom "Engele"..want die musiek en die lirieke kom van die Engele af..

Gian Groen is wel-bekend in die Afrikaanse musiekkringe en daar is talle aanhangers daarbuite wat al die woorde van al sy vorige liedjies uit die hart uit ken. Lied van die Engele is weereens 'n album met top-kwaliteit musiek en lirieke wat geskik is vir enige ore van enige ouderdom. Die album het so 'n bietjie meer van 'n rock inslag en die groep klink die keer nog meer soos wat hulle doen op die land se verhoë.

In tipiese Gian-styl is al die snitte deur hom self geskryf behalwe vir Dancer van Anton Goosen. Die rede hoekom Gian weereens een van Anton se snitte opgeneem het, het te doen met die invloed en inspirasie wat die album Danzer (uitgegee 1992) op Gian gehad het. Om hierdie rede het Gian op sy vorige album dan ook Kruppelkop Gewete opgeneem. Swerwer gaan dan ook juis oor Anton Goosen.

Die treffer Vier Seisoene Kind is so 'n paar jaar gelede deur Laurika Rauch opgeneem en alhoewel Gian ook self al die skat uit sy pen opgeneem het, het hy hierdie keer besluit om die tydlose snit 'n bietjie meer van 'n rock ballade te maak.

Spook is die ander snit wat al voorheen te hore was maar die keer is die snit vernuwe en Robert Mitchley se styl en invloed is duidelik hier te bespeur. Dit is ook Robert wat die album vervaardig het.

Gian het weer 'n Engelse snit Write you down op die album opgeneem en dit kan bloot beskryf word as 'n regte love song aan sy vrou.

Niks is 'n baie persoonlike verklaring vir Gian en die lirieke beantwoord sommige van al daardie wroegende vrae waarmee ons almal te doen kry.

Lied van die Engele sal jou inspireer en die deurlopende tema van Engele is amper net so betowerend soos Gian se musiek en lirieke.

Hoor die Engele sing.

Genomineerde Radio Snitte:
Snit 2 : Niks
Snit 5 : Write you down
Snit 6 : Bietjie Blou
Snit 10 : Vier Seisoene Kind
Koop / Buy Lied van die Engele....



Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner