AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek
![]() Tla!Stean van der Walt, oftewel Frik-E, die leier van die gewese musiekgroep diff-olie, pak die musiekbedryf in 2006 as solomusikant aan, in die gedaante van Stean ennie Crank-shafts. Stean loop al 'n lang pad, reeds sedert die ontstaan van Thysis met Bunny On Brick in 1993 - tot die uitreiking van Die Borrelbad Insident saam met diff-olie in 2001. Stean staan ook bekend as die man met die stem wat 'n bosluis van 'n hond af kan sing. Menige diff-olie vertoning is telkemale afgesluit met Stean se weergawe van Nirvana se My Girl - onder luidkeelse toejuiging, en 'n groot gesmeek wat dit gewoonlik voorafgegaan het. Op 2 Mei 2006 het Stean ennie Crank-shafts se debuutalbum Tla! verskyn om Stean as solokunstenaar te vestig. Dié album het 'n sterk rockaanslag en dui op die groei van sy musiek en skryfstyl met lirieke wat 'n baie persoonlike karakter het. Die albumtitel Tla! dui op die nuwe begin in Stean se loopbaan - dit is 'n skoon begin. Die lirieke op Tla! dui op Stean se ervaringe oor die afgelope vyf jaar en hy maak gebruik van verskeie genres wat die veelsydigheid van sy stem en styl beklemtoon. Dit sluit ook 3 snitte in van ander skrywers wat Stean se gunstelinge is, naamlik Mitchell's Plein van Gian Groen, Blommetjie Gedenk Aan My van Anton Goosen en Onder In My Whiskeyglas. Die bekende liedjie Kinders (verwerking van die oorsponklike volksliedjie) is die eerste snit op die album en die verwerking is deur Stean en J F Prinsloo gedoen. Jy is 'n diep lovesong wat Stean self geskryf het vir sy vrou. Stean beskryf Dis Al as 'n liedjie oor sy persoonlike demoon. Hierdie album lui ook die begin in van 'n nuwe era in Suid-Afrikaanse progressiewe rock, en bepaal ook die beginpunt van hierdie genre. Die dae van Frik-E Halfloaf is verby en 'n nuwe gedaante van volwassenheid in beide emosie en musiek sien nou sy ontstaan. |
Musiek |