Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Voor op die wa - DJ Ossewa

Voor op die wa

Met 'n allemintige 20 snitte én 'n ekstra multimedia-gelukkie prut trotse Afrikaans in 'n vreugdevolle klankpot. Met heerlike afwisseling tussen instrumentale genot en humorlirieke op polsritmes is Voor op die wa 'n album wat duike in die dansvloere gaan moker.

Die konsertina, kitaar, en trekklavier fuif vrolik saam met elektriese kitare en perkussie. Daar word gejodel, 'n klompie pêlle kuier uitbundig en vrolike lyfies smeul met stem en selfs die werfhaan en sy hen sit 'n kekkel en kraai by!

DJ Ossewa kry dit reg om alternatiewe styl en tradisionele boeremusiek in een kooi te laat vroetel. Die resultaat is 'n klank wat dié progressiewe trio as "knopskopboeremusiek" beskryf. En daar gaan gedans word: spits die ore vir dié snitte: Stadig, Plaasjapiedans, Vrystaat Mamba, Honderd Bewonderd, Sokkiejol, Met Eish én 'n paar instrumentale sweettapsnitte!

DJ Ossewa is 'n opwindende mánne-bênd wat saamsingkroegmusiek én sokkiedansvreugdes maak: pittig en stuitig, stout en prettig. Daar's boeremusiek in die kies en rock in die tong.

DJ Ossewa bestaan uit vyf lede: Daniel Jakobus Ossewa, Marula Boom, Piet Pompies, Jerbes die Leeuboer en Raapie Knapie Ossewa.

Almal behalwe Jerbes woon en werk saam op die plaas Ossewasrust. Dis nou Ouma Beskuit se plaas. Sy word nie so genoem, nie omdat sy 'n swak maag het nie, maar wel omdat sy 'n plaaspadstalletjie het wat die lekkerste tuisgebak in die kontrei verkoop. Raapie Knapie en Daniel Jakobus is Ouma Beskuit en Oupa Ossewa se kleinkinders. Piet Pompies is Raapie en Daniel se neef en bly ook op die plaas. Marula het net daar op die plaas opgedaag en weet self nie regtig wie hy is nie; wat nog van wie sy familie is. Jerbes boer met leeus op die plaas langsaan, maar "boer" meer hier op Ossewasrust sodat hy saam met die manne kan musiek maak!

Ja, vat gerus nog enetjie!

Koop / Buy Voor op die wa....



Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner