Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Lieg of Bieg

Óf, soos hulle in een van hul treffendste songs sing: 'Tussen lieg en bieg / twis daar twaalf prokureurs...'(uit: tussen-in, Reenen Biddulph en Nardus du Plooy). Óf, soos Dana Snyman in sy CD-notas sê: 'Ek moet bieg: dié sangertjie het my beïndruk.' Óf, 'Ek bieg vanaand in my drome / vlek al my sondes oop...' (uit: vryval: Nardus du Plooy). Óf, sommer net die hele biegelied.

2005 was 'n groot jaar vir die sesstuks meestal-kaalkop-Die Kaalkop Waarheid-lede. Hulle het gesing, gespeel, geskryf, en soms na vele Jack Daniels'e, selfs effens gedans.

En so Pretoria verower. En Johannesburg. En Aardklop. En ... Wel, die Kaap is ook in vir 'n verrassing.

Die Kaalkop Waarheid (DKW) het pas hul derde - en beslis beste - CD opgeneem by StoepStudio (sic) onder die bekwame oor en hand van Dan Roberts. Dan is die pa en die baas van Radio Kalahari Orkes en die dryfkrag saam met Lloyd Ross van onder andere Rian Malan.

Geliefde DKW-songs soos Kleur van blomme, Ventersdorp en Jaco Lötter se opruiende, anti-oorlog anthem War is op die album. So-ook die gehoortreffer van Brenda Biddulph, Sad Song.

DKW se klank is uniek. Dis akoestiese rock met houding. Dit is van die lekkerste melodieë en die waarste lirieke wat jy ooit sal hoor. Veral in Afrikaans.

Die groep bestaan uit hoofman Nardus du Plooy, wat ook die meeste van die songs geskryf het, die broers Biddulph - Wimpie op perkussie en Reenen op elektriese kitaar - swaer Jaco Lötter op kitaar en vocals, en Brenda, Wimpie se wederhelfte, op stem en kitaar. Aangenome neef Chris Vinger speel bas: op viool en op kitaar. 'n Familiesaak, inderdaad.
datums in ons Musiekdagboek....

Koop / Buy Lieg of Bieg ... MP3's (net een of almal)





Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner