AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek ![]() Nou'n Ware voorreg is wanneer jy die geleentheid kry om die CD-vrystellingsaand van twee kunstenaars soos Inique te kan bywoon. Met die onlangse vrystelling van hulle CD, Nou, by die Diazklub in Newton Park, Port Elizabeth het hierdie twee meisies nuwe meetwaarde gegee aan die terme stylvolheid en smaak. Met die intrapslag was dit 'n hoendervleis-ervaring om die dekor in die saal in te drink. Geen steen is onaangeroer gelaat om dit absoluut elegant te laat lyk nie. Dit skep die indruk dat hierdie dames werklik erns het met hulle musiek - vergelyk maar die vaal oninteressante vrystellingsaande van selfs sommige hoofstroomkunstenaars met wat mens hier kon sien. Dit was 'n fyn spel tussen liggies, musiekinstrumente uit draad vervaardig, kerse, tafeldoeke en draperings, en 'n gedrapeerde verhoog met die beelde van die hoofsterre van die aand inge-ets op baniere en kunstig op en langs die verhoog uitgestal. Ai, niks kom darem by stylvolheid nie! En die musiek staan toe nie agter in die tou nie. Verskeie kunstenaars het die aand opgetree aangesien dit 'n VOALIM Prop-in-en-sing Afrikaanse talentaand was wat oopgestel was vir hierdie geleentheid. Maar Inique open en sluit die program af met telkens 'n 20-minute vertoon van snitte wat op hulle CD is. Inique bestaan uit Inge en Monique, wat hulle gesamentlike sangloopbaan ernstig begin opneem het toe hulle baie suksesvol aan Kyknet se Zing 2-kompetisie deelgeneem het in 2004. In hierdie landwye kompetisie het hulle onder die Top 20 geëindig! Hulle musiek is uniek. Hulle het 'n absolute eie styl en hulle verwerkings van selfs bekende melodieë verteenwoordig 'n varsheid wat lankal weer nodig is in die bedryf. Hulle het nie sommer net, soos die neiging deesdae is, al hulle musiek laat "stamp" met moderne techno-maatslae nie, maar dit ingekleur met musikaliteit, vokale eksperimentering en hulle kunstige vroulikheid daarin gemanifesteer. Kortom: Heerlike luistergenot van Jan Alleman sowel as die fynproewer! Wat ook indrukwekkend is, is dat bo- en behalwe die deksnitte wat hulle opgeneem het van onder andere Stef Kruger/Dozi (Maybe my Baby) en Mark E Nevin (Perfect) en hulle uitstekende eie komposisies, het hulle ook een liedjie van 'n opkomende liedjieskrywer, Waldo Snyman van Port Elizabeth, ingesluit op die CD. Die liedjie, Mense van die Bo-Karoo, het weer 'n heel ander styl as die ander musiek op die CD en is verrassend suksesvol verwerk. Wat is die beste snitte op die CD? As mens kyk na die liedjies wat die meeste deur radiostasies (BAY FM en die Uitsaaines) gespeel word, is Roller Coaster Ride baie gewild. Elke liedjie het die potensiaal om 'n treffer te word. Daar moet egter gladnie afbreuk gedoen word aan die pragtige stukkie werk wat in die algemeen gedoen is deur hierdie twee dames op hulle CD, Nou, nie. Maar as mens 'n kersie aansteek en 'n rooiwyn laat rondbol in 'n blink glas met die kers se vlam wat speel-speel op die glaswand teen die agtergrond van die rooiheid daarbinne, is daar darem niks so lekker as om rustig te luister na Ek het jou nooit vergee nie. En dit doen mens terwyl jy jou verlustig aan die kunstige omslag van die CD. As hierdie meisies oor 30 jaar terugkyk na hierdie punt in hulle lewe sal ons hopelik almal daar wees om hande te klap, te juig oor 'n wonderlike begin van pure styl en 'n musikaliteit wat nuwe horisonne te voorskyn laat kom het. |
Musiek |