AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sęgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Orkez innibosSo oorweldig was ek toe ek Saterdag 'n draai gaan maak het by die feesterrein by Innibos dat ek amper vergeet het ek het nog die warm jakkie aan wat ek in Johannesburg aangetrek het om warm te bly. In wat enige iemand sou sien as 'n lekker somersdag trek daar toe seker 15 000 mense op na die Innibos feesterrein om Afrikaans-wees te vier. 'n Groot verhoog pronk bo seker 7000 mense wat besluit het om, soos ek, eerder die skuim van die Afrikaanse kunstenaars te absorbeer as die "bling" van die hordes stalletjies oral rond. (Ek moet wel erken dat ek so nou en dan 'n draai gaan maak het by daai "konfyt bederfde" roosterkoeke.) Dit was so teen seker die tweede vertoning dat ek agterkom dat ek die meeste van die nommers al voorheen gehoor het, en dit was nie omdat die kunstenaars so bekend was nie maar omdat meeste van hulle die goeie ou treffers aan ons oorgedra het, jy weet mos, covers. Nou deel van enige viering is seker om die verlede te gedenk en hulde te gee aan die goeie werk wat gedoen is maar ek dog toe by myself is daar nie veronderstel om 'n balans te wees tussen dit wat was, dit was is en dit wat nog vir ons voorlę nie? Hoekom doen meeste kunstenaars dit, is ons Afrikaanse mark dan so oor-gekommersialiseer dat niemand bereid is voor 7000 mense te staan en hulle eie siel te deel nie? Dis nes die negatiwiteit my pak dat ek in die vęrte hoor die volgende orkes is Orkez. Nou hoe nou wonder ek, die MC het seker 'n laat nag gehad, maar daar betree toe 'n viertal die verhoog met die naam Orkez met 'n z. Die verfrissende half uur of so wat gevolg het was vir my die hoogtepunt van die vermaak by Innibos en ek het so by myself gedag, hier kom 'n ding. Dit is soos daai oomblikke wanneer jy agterkom dat verandering op die kaarte is. Orkez is 'n sewende snaar op die Afrikaanse kitaar en hopelik 'n teken van wat te siene gaan wees by toekomstige Afrikaanse musiek feeste. Die manne het briljant verwerkte, luisterbare Afrikaanse musiek wat praat oor dinge waarmee ons kan relate. Ek weet nie hoe lyk 'n byeboer-wa nie, maar ek weet hoe lyk Sunnyside en swart bemagtiging. Hoed af vir Orkez, hulle was die nodige afleiding tussen 'n al te bekende Afrikaanse musiek klank wat jy hoor as jy by meeste Afrikaanse vertonings opdaag. Hoed af vir wie ookal dit goedgedink het om die manne daar in die line-up tussen die Japanese bands in te skuif! En hoed af vir Afrikaans wat besig is om op sy eie post-apartheid bene te staan! |
Musiek |