AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek ![]() Driemanskap beïndruk met stories vir kindersAs kinders het ons geluister na Storieman, Liewe Heksie en Jakkals en Wolf. Vir ons kinders is daar maar bitter min Afrikaanse stories op die mark. Gelukkig is dit vinnig besig om te verander, danksy die Storie-vir-Storie reeks vir kinders deur Anna Emm Productions. Die eerste CD is in 2005 opgeneem uit 'n versameling stories deur Anna Emm. Therené Hönicke het die stories vertel, en animasie-kunstenaar, Stefan van der Vyver, het dit in sy studio opgeneem en vervaardig. Die CD was onmiddellik so gewild dat hulle nie kon voorbly met bestellings nie. En so is die Storie-vir-Storie reeks gebore. Anna Emm is 'n oud-onderwyseres wat destyds begin stories skryf het vir die kinders in haar Graad 2-klas. Hierdie stories was vir amper tien jaar lank in kas toegesluit terwyl sy agter die skerms van verskeie televisie-reekse gewerk het en later haar eie produksie-maatskappy gestig het. Sy het vir die eerste keer kragte saamgespan met Stefan van der Vyver en Therené Hönicke tydens hulle verhoogproduksie, The Rag Doll, in 2004. Nadat sy die versameling kinderstories afgestof het, het die driemanskap besluit om ook hierdie projek saam aan te pak. Min het hulle geweet hoe suksesvol dit sou wees! Therené Hönicke is 'n vryskut stemkunstenaar wat behalwe haar solo-vertoning in die kabaret, The Rag Doll, ook al verskeie televisie-insetsels en karakter-stemme vir DVD produksies gedoen het. Sy en Anna Emm kom al van kollege-dae af saam, en nou speel hulle kinders saam. Stefan van der Vyver is 'n musikant en animasie-kunstenaar. Anna het hom as student op Stellenbosch leer ken en sê hulle talente en vaardighede vul mekaar goed aan. "Hy is my rolmodel. Ons ken mekaar al 'n halwe leeftyd en daar is niemand wat musiek en klank verstaan soos hy nie. Dis in sy studio waar alles gebeur." Dit lyk asof hierdie drie nog lank gaan saamwerk. Die mark is oop vir Afrikaanse kinderprodukte en Storie-vir-Storie is 'n wen-resep! Daar is reeds agt CD's beskikbaar in hierdie reeks - elk met 7 stories vir kinders tussen 3 en 10 jaar. Wat hierdie stories veral so gewild maak, is die lekker lewendige byklanke en en die informele vertelstyl. Die volgende CD's is reeds beskikbaar: Storie-vir-Storie (7 oorspronklike stories), Storie-vir-Storie 2 (nog 7 nuwe stories), UIT DIE BYBEL (Ou Testament-stories), UIT DIE BYBEL 2 (Nuwe Testament-stories) en Vertel my weer... Storie-vir-Storie (7 ou bekende stories oorvertel in moderne kindertaal). Die eerste drie titels is ook in Engels beskikbaar as Story-by-Story. Vir meer inligting kontak Anna Emm Productions by mail@annaemm.co.za of 021 558 0234 / 084 512 7255. Of besoek die webwerf by www.annaemm.co.za |
Musiek |