Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

André Swiegers

André Swiegers

Charnèlle de Lange

André Swiegers is in Brakpan, Gauteng, gebore, het by Hoër Seunsskool Stoffberg gematrikuleer en militêre-diensplig onderskeidelik in Potchefstroom en Pretoria voltooi. Daarna het hy 'n BA-graad met sielkunde en bybelkunde as hoofvakke aan die Universiteit van Pretoria voltooi. Sy eerste deurbraak as liedjieskrywer het gekom in 1990 toe Laurika Rauch sy song Blou opgeneem het en 'n treffer daarvan gemaak het.

Hy was ook betrokke as medeskrywer van talle Coleske-treffers, waarvan Take me where the sun is shining tot dusver die grootste was. Die song het die nommer-een posisie op die treffer-parades bereik in lande soos Denemarke en Oostenryk, en het ook baie goed gevaar in Duitsland wat gereken word as die derde grootste musiekmark ter wêreld, naas die V.S.A. en Japan. Take me where the sun is shining is ook onlangs aangewys deur SAMRO as een van die twaalf grootste treffers van die R.S.A. vir die afgelope veertig jaar. Aphrodite, die ander groot Coleske-treffer (waarvan Swiegers ook mede-skrywer was), is twee jaar gelede as een van die tien grootste treffers van die jaar in Suid-Afrika aangewys. Dan was daar ook nog die songs Share my life, Vanishing point, Life is going on, Kevin, Faith in Love en andere waarby Swiegers betrokke was.

'n Hele string kunstenaars soos o.a. Theuns Jordaan, Richard en Lochner, Danie Niehaus, Monica, Juanita du Plessis, Rina Hugo, Pieter Smith, Mathys Roets, Georgia, ens, het reeds al van Swiegers se materiaal gebruik gemaak.

Na sy afwesigheid van 'n aantal jare uit die musiekbedryf, is André sedert 2000 weer terug as optredende kunstenaar en het sy loopbaan aansienlik gegroei. Bo en behalwe sy eie optredes regoor die land, was hy ook betrokke by 'n paar suksesvolle kombinasie-vertonings, soos oa: Van Venus, van Mars - saam met Nianell, Matthys Roets en Réana Nel en Vier - met Anton Goosen, Piet Botha en Richard vd Westhuizen.

Die klank van sy jongste album Groen is meer akoesties en natuurlik as enige van sy vorige albums. Swiegers speel self kitaar op meeste van die snitte . Daar is 10 komposisies op die album, almal deur André geskryf, behalwe Jeremia Broodryk, waarvan Richard van der Westhuizen die lirieke geskryf het.
Koop / Buy Groen....



Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner