AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sęgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek HugoNa 3 jaar van Deur die straights is Hugo se nuwe album Hartland hier! Hugo het reeds in die harte van die volk ingekruip en hierdie man met sy growwe stem het gehore vermaak regoor die land! Wanneer 'n mens na sy nuwe album luister kan jy die groei in sy stem en musiek duidelik hoor. Dit is altyd 'n groot bekommernis vir 'n kunstenaar om nie hulle aanhangers teleur te stel met hulle opvolg albums nie en Hugo stel verseker nie teleur nie! Hugo is meer as net 'n sanger! Hy is ook 'n baie goeie kitaarspeler en 'n regte mense-mens! Sy sukses het nie na sy kop toe gegaan nie en hy is steeds dieselfde as wat hy 3 jaar gelede was. Daar's 'n baie goeie verskeidenhied snitte op die album en hy bly getrou aan homself! Sy klank is hoofsaaklik kitaargedrewe rock en soos met sy vorige album gaan dit weereens groot aanklank vind by sy aanhangers! Die album bestaan uit 14 snitte waarvan 12 Afrikaans is. Met die 13de snit verras Hugo ons met die Engelse hartbreek-liedjie, Sylvia's Mother. En dan uit die bloute maak die 14de weggesteekte bonussnit, Fort Coepieba, sy verskyning! Die liedjieskrywers op die album staan ook vir niemand terug nie! Derick Scholtz, Gert Vlok Nel, Murgpyp, Riku Latti, Richard van der Westhuizen, MD Greyling, Koos Kombuis en selfs Anton Goosen is die groot geeste wat deel uitmaak van hierdie spog-album! Andrew Roos, Vinnie Henrico, Johan Rautenbach, MD Greyling, Heidi Bouer, en Vincent van Rooyen was die musikante op Hartland. Hugo het homself reeds bewys met sy vorige album en sy gewildheid gaan verseker nou toeneem! Hy gaan sy regmatige plek in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf inneem en hy verdien niks minder nie! Hou hom dop - hy gaan diep voetspore laat en sy naam gaan op almal se lippe wees! Hugo stel sy Hartland album bekend op 21 Augustus 2006 by die Performer Teater in Pretoria!
|
Musiek |