Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Duck & Cover

Duck&Cover

Duck&Cover is al erken as een van Pretoria se beste hard rock bands en het ook redelik naam gemaak in die plaaslike musiek industrie tydens die laaste vyf jaar met ontelbare vertonings, feeste, konserte en publisiteit. Hierdie groep vertrou op klassieke rock,"metal, asook meer kontemporêre rock invloede om 'n diverse groep mense na hulle lewendige vertonings te trek.

Hulle lang verwagte debuut album is vrygestel by Tings 'n Times vroeg in Augustus 2006. Hierdie album is vol harmonie, elektriese kitaar riffs en besonderse lirieke. Die 'ou skool' gevoel van die album het 'n spesiale soort karisma wat na elke moderne luisteraar spreek.

Die album, wat by die bekende Wolmer Records opgeneem was, spreek van professionaliteit en kwaliteit. Hulle animasie musiekvideo Whiskey, wat deur Soak Promotions gedoen is, is op die oomblik op MK89 te siene en ding ook mee in die MNet Edit 2006 kort film kompetisie.

Hulle het onlangs 'n borgskap ontvang vanaf Jagermeister. Dit is ook Duck&Cover wat Jagermeister se radio jingle geskryf het. Die treffer Home is die temalied van Plascon se nuwe televisie advertensie waarop 'n wegloop kat die hoofrol speel.

Duck&Cover het al by verskeie groot SA musiekfeeste en konserte soos Aardklop, Oppikoppi, Tuks Jool en Woodstock gespeel.Hulle het ook 'n draai gaan maak op die Casper Rasper Show en Draadloos.

Die vars dinamieka op hulle eerste album sal aanklank vind by al die ou ondersteuners maar ook definitief nuwe ondersteuners trek. Duck&Cover is konstant besig met nuwe projekte en beloof om alle verwagtinge te oortref.
Koop / Buy Duck&Cover....





Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner