AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Hartstukke![]() Vir die eerste keer in 'n lang tyd is Karin Hougaard terug op Suid-Afrikaanse verhoë met haar eie musiek. Hartstukke bestaan uit - op een na - komposisies uit Hougaard se pen en die ander is 'n nuwe lied deur Herman van Veen uit die teaterstuk Mata Hari waarin Hougaard die hoofrol in ondermeer Nederland vertolk het. Die musiekverwerkings van die produksie is deur Nederlandse ghitaarvirtuoos Edith Leerkes. Saam met Karin op die verhoog sal wees: huishoudelike naam Lulu van der Walt op klawers en klassieke ghitaar guru Jonathan Crossley. Multimedia in die produksie word behartig deur bekende beeldende kunstenaar Diek Grobler. Hougaard se Hartstukke is intens, persoonlik en gesofistikeerd. Dis 'n volwasse Hougaard wat die luisteraar uitnooi om fyn te luister. Hartstukke beloof om 'n juweel in die kleinkuns genre te wees.
|
Musiek |