AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sęgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Back to Basics![]() Pop ikoon Christina Aguilera het onlangs haar derde album vrygestel waarin sy hulde bring aan musiek wat haar geďnspireer het. Met 'n moderne vertolking van klassieke jazz, soul en blues van die 1920s, '30s en '40s is die album besonder innoverend met 'n eiesoortige styl wat 'n klank skep wat minder afgewerk en rou klink. Op Back To Basics werk sy weer saam met die vervaardiger Linda Perry en 'n paar nuwe kollaborateurs kom wys gesig, soos onder andere DJ Premier. In Christina se woorde: "This is a concept album that follows a bold, set vision." The touchstones are Billie Holiday, Otis Redding, Etta James and Ella Fitzgerald ... what I used to call my 'fun music' when I was a little girl." Op Back To Basics word 'n orkes, koor en 'n strykkwartet gebruik, asook spesifieke tegnieke wat dit daardie outentieke klank gee. I Got Trouble het daardie krapperige blues gevoel, terwyl Candy Man weerklink van die harmonieë van die meisiegroepe van weleer. Save Me From Myself is rou en gevul met emosie, sy dra dit op aan haar eggenoot. Thank You dra sy op aan haar aanhangers. Die liedjie is vermeng met Genie In A Bottle en stempos van haar aanhangers. Aguilera aanhangers sal veral hou van Nasty Naughty Boy met sy '20s gevoel en die tipiese klubliedjie Still Dirty. Die album is 'n vertoonstuk vir diegene wat dalk sou wonder hoekom sy meer as 25 miljoen albums węreldwyd verkoop het en reeds drie Grammy-toekennings op haar rak het. |
Musiek |