Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Brand Suid-Afrika

Fokofpolisiekar - Brand Suid-Afrika

"Jy kla oor die toestand van ons land, wel ... doen iets daaromtrent. Brand Suid-Afrika"

Fokofpolisiekar se nuwe kortspeler, Brand Suid-Afrika, bestaan uit 4 snitte, sowel as die video van die akoestiese weergawe van Hemel op die platteland.

Die titelsnit Brand Suid-Afrika is konstruktiewe anargie. Dit lewer kommentaar op die universele jeug wat steeds hoor dat dinge nie meer is soos in die goeie ou dae nie. En dit terwyl Suid Afrika brand agter toe ooglede.

Brand Suid-Afrika bevat nog 'n vurige sarsie van sosio-politieke kommentaar in die tradisie van vorige Fokofpolisiekar suksesse. Met 'n vars aanslag en simfoniese rock- kitaar verwerkings, is hierdie album 'n duidelike aanwyser van die groep se musikale groei en momentum sedert die vorige drie albums.

Snit 1, Tiener Aksie Einde skets die oorgang van puberteit na yuppie-nawiteit. Klipgooi Glashuis is gesamentlik geskryf deur Hunter Kennedy en Francois van Coke. In hierdie liedjie vergelyk hulle hulle huidige lewens in die stad met hulle vorige voorstedelike lewe in Bellville. Niks raak ooit beter nie. Dinge verander net. En ons sit steeds in glashuise en gooi klippe na die wreld.

Snit 4, die akoestiese weergawe van die 5fm-treffer Hemel op die Platteland, het oorspronklik in 2005 verskyn op Levi's Original Music CD4.

Die nuwe video van die akoestiese Hemel op die platteland bevat treffende 8mm "home movie"-materiaal wat die kyker anachronisties terugverplaas na die dae vr televisie toe pa se 8mm projektor nog die Hollywood-venster op ons eie realiteit was. Grootword op die platteland: rugby, kerk, skool, trompoppies, grensoorlog, Zulus, voorstede en vervelige Sondae.

Brand Suid-Afrika is opgeneem by B-Sharp studios in Boksburg en is vervaardig deur Johnny de Ridder en Jean-Paul de Stefani.
Koop / Buy Brand Suid-Afrika ...
of
Koop / Buy Brand Suid-Afrika MP3's ... (net een of almal)





Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner