AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Swanesang![]() "Prioriteit nommer Een: Kom lewendig hier uit!" Fokofpolisiekar se nuwe album, Swanesang, is 'n voortsetting van die lewenservaring wat hul opgedoen het sedert hul vorige CD`s, vermenigvuldig met duisende kilometers se toere, doodsveragtende impulsiwiteite, gemeenskapsargwaan, feesballingskap, rekord-gehore en 'n rewolusionêre jeugkultus gevolg. 'n Jeug wat saam met die ouens van Fokof terugkeer na kernwaardes van realiteit en hulself losgroei van lewensvreemde gesagsfigure. Trap der jeugd. Eén keer se vinnige luister (teen beskaafde volume) is nie genoeg nie. Johnny de Ridder en Fokofpolisiekar se produksievaardigheid het oor die afgelope drie jaar teen 'n eksponensieël stygende kurwe toegeneem. Net soos die kunswerk binne in die boekie is daar duisende donker gangetjies in dié produksie wat kliphard verken moet word voordat die musiek, lirieke en illustrasies tot hul reg sal kom. Tóg is daar snitte soos Prioritiseer en Vir altyd 07 November wat jou met die eerste luisterslag soos 'n styfgespande doringdraad op 'n swart wegholnag hard teen die bors sal tref. Hunter Kennedy (liriekskrywer en kitaarspeler) word nie gekrediteer vir sang nie. Hy skree. Rou en aansteeklik. Déjà Vu en Heiden Heiland is gróót. Vasbeslote Korporasie (deel 2) is 'n super toeganklike gemeenskapsradio harmonietreffer vir verloopte hippies wat onverpoos wag op die hereniging van die Beatles. (Die hoop beskaam nie - en Johnny is nog lank nie dood nie.) Swanesang is tydens Maart en Augustus 2006 opgeneem deur John Paul de Stefani van B Sharp studios in Boksburg. Die Electro Muse strykkwartet gee 'n simfoniese ruimte-oriëntasie aan die album. Swanesang is 'n vollengte album wat bestaan uit 12 snitte: |
Musiek |