AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sęgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek PlaakPlaak is 'n nuwe Afrikaanse rock groep wat uitsluitlik eie komposisies sing en opneem. Hulle is van Hastings, Engeland waar hulle saam met Harvey Summers (www.harveysummers.com) van Broadoak Studios in Bexhill besig is om hul eerste CD, Naroverture, op te neem. Hulle het reeds vyf snitte voltooi en is tans besig met die sesde een. Die musiek kan gehoor word op www.myspace.com/plaak1. Plaak het in April 2006 by die KKNK opgetree op die Klipdrif verhoog.Insi Sevus sing en skryf die lirieke en speel kitaar. Marius Molaar speel lead kitaar. Hulle speel nou al ongeveer een jaar ernstig saam en hoop om vroeg volgende jaar deur Suid-Afrika te toer. ![]() Die musiek is middle of the road Afrikaanse rock of cross over. Plaak maak gebruik van Keltiese invloede asook funk rock en klassieke musiek. Eintlik enige tipe musiek waarvan twee note na mekaar melodies klink. Die kitaarsolos is baie melodies en hulle gebruik baie selde tegniese riffs wat nie goed op die oor val nie. Baie van die ritmes verander gedurig tydens 'n liedjie en selfs 5/4 tempo word gebruik in Naroverture. Hulle is nie nie musikaal geletterd nie en speel en skryf maar wat hulle dink goed klink. |
Musiek |