Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sęgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Karoo Poison

Karoo Poison

In 2002 het 'n jong plaaskind, wat in Stellenbosch op skool was, twee van sy liedjies saam met sy vriend Basson gaan opneem by Sunset Studios. Hierdie plaaskind se naam was Bertie Coetzee en die twee liedjies was 'Jan Papier' en 'Blikkitaar Blues'. Met eenvoudige kitaar werk en storieverteller lirieke het hierdie twee liedjies baie vinnig baie bekend geword en is onder die naam Zinkplaat in en rondom Stellenbosch versprei. Zinkplaat het baie vinnig naam gemaak as 'n unieke jong stem in Afrikaans en het 'n vars nuwe benadering tot Afrikaanse musiek verskaf vir jong mense.

Minder as 'n jaar later het Beitel en Beer onderskeidelik by Zinkplaat aangesluit as basskitaar speler en tromspeler. Na slegs ses optredes, waaronder die KKNK geval het, het hulle in Mei 2003 besluit om hulle debuut album te gaan opneem. Dit is hoe Karoo Poison die lig gesien het.

Van die eerste trom houe van die openings nommer, Alles is OK vang die musiek mens se oor en wil jy net saam sing oor die lewe en oor die mense wat Zinkplaat so fassinerend vind. Met Bertie se bekfluitjie wat soos 'n Bob Dylan-weggooilap die lirieke se koms aankondig en Basson se kitaar wat skree tussen elke versie, kry mens die gevoel hierdie jong manne het gekom vir jou en jou kind, jou ouma en jou hond. Met Beitel se bass en Beer se tromme kry Zinkplaat se musiek ook dan met hierdie liedjie sy ruggraat en die arms word behoorlik gestrek.

Vir die tweede en derde liedjies is Jan Papier en Blikkitaar Blues gebruik wat nog net so vars klink tussen al die nuwe liedjies. Met Jan Papier se storie wat vertel word teen wat voorkom soos die chug-chug-chug van 'n trein wat deur die Karoo rits, en Bertie se eerste liedjie oor die liefde, Blikkitaar Blues, wat afspeel in die Karoo en mens laat verlang na die plek asof jy self daarvandaan kom, wys Zinkplaat dat hulle heeltemal iets anders bied as die res van hulle ouer kontemporęre.

Winternag is die hartseer storie van 'n straatkind. Dit gee vir Zinkplaat die kans om musiek te maak asof hulle kwaad is vir die węreld. Hierdie harde rock tune is deur Basson en Bertie geskryf en al die instrumente word hier ingespan om Bertie se stem te ondersteun in sy vertelling van die donker kant van Stellenbosch.

Grondpad deur my hart is 'n hartroerende storie waarin die liefde en die Karoo saamsmelt soos in 'n droom wat dalk in 'n nagmerrie kan ontaard. Met begeleiding wat slegs deur Bertie se askoestiese kitaar en sy bekfluitjie verskaf word, word hier duidelik gewys dat eenvoud dikwels die beste manier is om 'n ding te benader.

Die titelsnit, Karoo Poison is die punk baster broer van boeremusiek en is 'n eerste-handse vertelling van die rowwe sy van Die Afrikaner. Met die liedjie wat van lekker sokkie-skoffel musiek gaan tot afbreek punk musiek is dit snaaks en bitterlik catchy.

As 'n laaste liedjie wat bekend staan as 'n bonus nommertjie, is Waar is Riaan Zinkplaat se spesiale persent aan die luisteraar. Dit is 'n egte protes lied wat geskryf is in die tyd toe Riaan Cruywagen afgedank sou word by die SAUK. Na twee probeerslae om vir Riaan te red met 'n MC Hammer weergawe en 'n Jurie Els weergawe, besluit die manne om vir hom die kommersiële punk weergawe te skenk, en hiermee gee hulle vir ons een van die mees legendariese protesliedjies van sy tyd.

Met eenvoudige produksie kan mens die hart en siel van Zinkplaat op hulle eerste kortspeler dalk die beste sien. Elke snit op Karoo Poison dien as bewyse van wat die jong Zinkplaat nog sou bemagtig in hulle tyd in die Afrikaanse musiekmark.
Koop / Buy Karoo Poison ... (CD of MP3's)





Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner