AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sęgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Werner van CollerVan die plaaskind op Viljoenskroon tot sanger voor gehore van duisende ... Werner het n eenvoudige lewensfilosofie: "ek sal nooit weet hoe dit is, as ek nie ten minste my beste probeer het nie - en net die beste is goed genoeg!" Werner speel van 'n baie jong ouderom af klavier op gehoor en begin sy musiekopleiding op sewe-jarige ouderdom. Op hoërskool is hy gekies vir die Vrystaatse Jeugkoor waar hulle in vyf europese lande gaan toer het, o.a. Duitsland, Oostenryk, Switserland, Hongarye, en die Tjeggiese Republiek. Einde niet, Werner was ook 'n lid van 'n acapella ensemble, Boulevard Harmoniste, 'n sextet verbonde aan die Potchefstroomse universiteit. Die sextet het in Spanje gaan toer en in Tolosa aan 'n kompetitsie deelgeneem. Hy sit sy sangopleiding voort by Isabella Eksteen, dosent by Universiteit Pretoria, waartydens hy ook vir twee jaar lid was van die Singkronies Kamerkoor olv Prof. Johan van der Sandt. Sy sangloopbaan kry 'n hupstoot met die ATKV Crescendo titel wat hy in 2004 inpalm. Die prysgeld het gesorg vir sy eerste cd wat die lig gesien het Mens tot Mens. In Werner se eie woorde: "Die son in suider Afrika skyn vir ons almal! Ek is opreg dankbaar teenoor my Skepper vir my godgegewe talent en ook vir mense en geleenthede wat my pad gekruis het om my sukses tot dusver moontlik te maak. Ek weet daar wag ook vir my 'n mooi toekoms!" Totdat jy Werner in lewende lywe ervaar het; kan woorde nie ręrig die wonder en kwaliteit van sy stem beskryf nie. |
Musiek |