AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sęgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Southern Gypsey Queen![]() Die derde album van Southern Gypsey Queen is uiteindelik hier en alhoewel hulle getrou gebly het aan hulle spesiale rock & blues klank, is Rise Up ook die begin van 'n nuwe retro rock styl wat uniek is aan hierdie groep! Sweet Vodoo, die tweede album van hierdie groep wat oorspronklik van Molteno in die Oos-Kaap kom, het fantastiese terugvoering van die media gekry en is beskryf as regte old school local rock. Hierdie keer verras die groep egter met 'n baie suksesvolle samesmelting van funk, rock, blues, folk, reggae, R&B, country en ou southern gospel. Die verskeie style te vinde op die album is smaakvol gekombineer en as 'n geheel is die album 'n vloeiende musikale ervaring. Die produksie van die album is op internasionale standaard en Lanie van der Walt het gesorg vir 'n nuwe oop klank. Alhoewel die album 'n eksperimentele gevoel het, verloor die produksie glad nie daardie rock invloed waarvoor die Gypseys bekend en geliefd is nie. Daar is 'n paar spesiale gaste wat ook op die album gewerk het. Gerald Clarke en Werner van der Hoven (Delta Blue en Clarke & van der Hoven) doen addisionele stemme op "Heavens' Light". Marie-Louise Pretorius (Klopjag) sorg vir die tjello en viool op die ongelooflike mooi "Angels". Kevin Davidson speel saksofoon op "Soul Power" en Riaan Niewenhuys (Amafist) speel die klavier. Southern Gypsey Queen het nou al goed naam gemaak en reeds by al die groot nasionale feeste gespeel. Hulle het selfs al saam met Karen Zoid getoer. Daar is geen twyfel dat hulle aanhangers by die dag meer word as gevolg van die goeie musiek en energieke lewendige optredes. Hierdie groep het 'n blink toekoms wat voorlę. Ervaar die retro rock fusie van SGQ! |
Musiek |