AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sęgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek PizazzPizazz met jazz! Met Anne Havemann-Serfontein (stem), Gerhard Niemand (klavier), Etienne Louw (klassieke kitaar), Neville Arnolds (dromme), Pierre Smith (baskitaar) en Louis Strijdom en Dirk Bull (agtergrondsang). Die enkele jazz nommers wat Celsius vanjaar in hul KKNK produksie ingesluit het is só goed ontvang dat van die lede van die groep besluit het om kragte met ander musikante saam te span en 'n volle jazz program te doen. Die eerste uitvoering van hierdie program was in Augustus in 'n volgepakte Dorpstraat teater. Die respons was verstommend. Drie weke later is die vertoning herhaal in W Heuer Musikhaus, waar daar 'n waglys was vir kaartjies! Die reaksie van die gehoor het een ding duidelik gemaak - hierdie groep het bestaansreg van haar eie . en Pizazz word gebore. Hierop volg uitnodigings by korporatiewe en privaatfunksies, asook 'n aandrang op nog publieke konserte. Pizazz se program sluit hoofsaaklik ligte, gewilde, bekende jazz en swing nommers in vanuit die penne van Gershwin en Cole Porter tot Amanda Strydom! |
Musiek |