AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Piet SmithHy is gebore in Lydenburg, op Kersdoggend 1956, maar het in Valhalla, Pretoria grootgeword. Hy het 'n ouer broer en 'n jonger suster. Op 13 het hy vir die eerste keer op sy broer se kitaar begin speel, maar het nooit formele lesse gehad nie. In 1974 matrikuleer hy aan die Hoërskool Voortrekkerhoogte, ook die jaar waarin hy in die skool se operette die hoofrol speel. Met sy eerste salaristjek, van 'n vakansiewerk na matriek, het hy toe sy eerste kitaar gekoop - 'n 12-snaar Ibanez. Diensplig het vir hom bestaan uit trompet speel en vragmotors bestuur. Hy was 'n drywer in die militêre orkes op Lenz, buite Johannesburg. Na diensplig het hy vir twee jaar gepoog om Argitektuur te studeer op Tuks. Toegepaste wiskunde was egter nie sy sterk punt nie en hy het begin werk as 'n tekenaar by 'n Raadgewende Maatskappy in Pretoria. Kort daarna is hy getroud met Elmarie en uit die huwelik is twee seuns, Johan en Leon gebore. Die begin was maar moeilik, en vir ongeveer 10 jaar het hy in Pretoria se kroeë en restaurante musiek gemaak vir 'n ekstra inkomste. Hy het later by Krygkor begin werk waar hy opgelei is as Tegniese Skywer en Illustreerder. In 1988 het hy sy eie besigheid begin en Tegniese handleidings geskryf in die breë Elektro-Meganiese Ingenieurswese veld. In Januarie 1989 het hy tot bekering gekom, en het die Here letterlik oornag vir hom die talent gegee om musiek te skep. Binne een jaar na sy bekering het die produksie Man in die Middel die lig gesien. Sederdien het hy drie produksies van sy eie musiek opgeneem en twee saam met Danie Botha. Al die liedjies wat hy skryf word gebore uit sy eie ervarings en ondervindings saam met God. Hy poog om die gawe wat God vir hom gegee het net tot Sy eer te gebruik. Alhoewel hy vir jare die begeerte en roeping gehad het om voltyds te sing, het hy vir jare net oor naweke opgetree. In Mei 1994 het die Here vir hom vrede gegee dat hy maar vir Hom kan gaan werk, en Hy het dit ook duidelik uit Sy Woord bevestig. Hy het toe sy besigheid summier toegemaak en staan sederdien voltyds in 'n sangbediening en lewe totaal in geloof. Piet se musiekstyl het 'n rustige, een-kitaar-een-stem klank. Hy reis dikwels deur Suid Afrika en ook in Namibië. In 1995 en '96 het hy ook deelgeneem aan die Evangelistiese Uitreikings in London en in Nederland. Die boodskap van sy bediening is om aan die tradisionele (of gewoonte Christen) te probeer tuisbring dat daar baie meer in Christenskap opgesluit lê as om net kerk toe te gaan en betrokke te wees by kerksake. Hy wil vertel van 'n intieme, persoonlike verhouding wat God met ons verlang, van die oorwinning wat daar vir ons is in Christus en die krag wat die Heilige Gees tot ons beskikking gestel het. Piet sê: "Dit help ook nie om net die teorie hiervan te preek nie - ons moet ons geloof prakties uitleef en ook die vrug dra wat by bekering pas. En, alhoewel ek baie val, is dit waarna ek streef. Ek wil ophou preke lewer en begin om die preke te lewe!" Vandag sentreer sy belangstellings hoofsaaklik rondom musiek en musiekinstrumente. In hulle huis luister hulle feitlik permanent musiek en hulle hou graag informele musiekaande. Op die kantlyn hou Piet homself ook besig met skryfwerk, prentjies en papiere en alhoewel hy vir homself ver te min geleenthede skep, hou hy ook van jag, visvang, kampvure en sommer net in-die- veld-wees. So ver het vier van Piet se albums goue status verwerf, nl: Heer u Maak my Nuut, Duet, Oesland en Amazing Grace. Heer U Maak My Nuut is platinum wat 'n geskiedkundige gebeurtenis was aangesien dit die eerste Christelike album deur 'n voltydse Christelike kunstenaar in Suid-Afrika was wat daardie eer verwerf het. Vrystellings: |
Musiek |