AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Spark 'n Vonkie![]() Piet Potent, hiphop digter en kletsrymkoning, is in 1984 na 'n lang struggle gebore. Reeds op 'n vroeë ouderdom het hy tekens van musikale potensiaal getoon. Hy kon onder andere op die ouderdom van twee sy voet ritmies op 'Ache Breaky Heart' stamp sonder om 'n beat te mis! Amazing nè? Hy kon sing voor hy pottie trained was, al was dit maar vreeslik vals ... In 2000, as 'n graad 9 laatie, het Piet sy eerste band gejoin. Nadat The Domino Effect (soos hulle bekend gestaan het) met hul heel eerste gig die eerste prys van 'n Battle of the Bands-kompetisie losgeslaan het, het hulle vinnig 'n steady aanhang in die Stellenbosch omgewing begin kry. Die band was spoedig besig om groot sukses te behaal. Hulle het onder andere die Rapport UMF bands-kompetisie gewen, en het ook in Johannesburg by die launch van die Silvertab Harambe-kompilasie, waarop hulle feature, gejam. Weens verskeie faktore, insluitende geweldadige band politics en vernietigende alkoholmisbruik, het The Domino Effect ongelukkig in 2004 uitmekaargespat, maar vir Piet Potent was dit die begin van 'n nuwe era ... In die middel van 2004 het Piet besluit om oor te slaan na sy moedertaal en het Afrikaanse lirieke begin skryf. Na optredes in Stellenbosch en die Kaap het Piet besluit om 'n naam vir homself te maak en 'n produk aan die publiek bekend te stel. Opnames by Rockitdog Studios aan die einde van 2005 het gevolg, en sodoende is Piet Potent se E.P. Spark 'n Vonkie amptelik gebore! Spark 'n Vonkie is maar net 'n smakie van wat Piet en sy trawante vorentoe beplan ... Alhoewel Piet 'n solo rapper is, word hy op die verhoog ondersteun deur DJ Naaldekoker wat die scratching hanteer, VlamPyp as backing mc en BabiLong wat die beats behartig. Met gaskunstenaars soos Rhymatic en remixes deur Lost 'n Found (Almal voel die Pyn mix) , belowe hierdie E.P. om verskeidenheid en oorspronkilkheid na jou voorstoep te bring. In 2005 is Piet ook aangewys as die wenner van 'n musiekvideo wat deur die JIP program aangebied is. Die video vir die snit "Waar's die Pote" kon reeds op MK89 gesien word en was ook ingesluit op die Oktober weergawe van SL magazine. Die snit, "Spark 'n Vonkie" het self nie te sleg gedoen nie en no.2 behaal op die SAMP3.com charts. So hou julle ore gespits , hierdie mannetjie is oppad na
bling bling hemel met pragtige dames aan elke sy, alles in Afrikaans! Dis gatskop hiphop
wat klop tot jou ore pop! |
Musiek |