AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Stefan LudikBlitsfeite Dié 25-jarige Namibiër het Afrika met 'n bang getref en miljoene TV-kykers en live gehore bekoor as akteur en sanger. Hy het oornag 'n bekende gesig in miljoene huishoudings geword en die leer na sterstatus bitter vinnig geklim ... Alles het begin toe hy na matriek Namibië se o/19 krieketspan verteenwoordig het by die Wêreldbeker in Sri Lanka. Daarna is hy na Duitsland waar hy as konstruksiewerker sy brood verdien het. Terug in Nambië het hy besluit om homself te kwalfiseer in die forensiese wetekenskappe. Hy het sy kwalifikasie in Psycho-Physiological Detection aan die WNNR in Pretoria verwerf waarna hy by die American Polygraph Association geregistreer het en sy eie onderneming, Invictus Intelligence (Pty) Ltd, in die einde van 2000 in die lewe geroep het. Dit het hom die geleentheid gegee om met mense te werk en sy natuurlike nuuskierigheid positief toe te pas. Stefan staan nooit terug vir 'n uitdaging nie en toe die geleentheid hom voordoen in 2003 om in te skryf vir Big Brother Africa het hy dit met beide hande aangegryp. Hy het dit reggekry om Afrika met al sy diverse kultuurgroepe te verteenwoordig en sodoende miljoene se harte gewen en selfs somming se knieë lam gemaak ...
Sy aanhang en gewildheid het vinnig toegeneem en het onder meer nominasies ontvang vir "Beste Akteur" en "Beste Nuweling Musiek/Verhoog/TV" by People Magazine se Crystal Awards in beide 2004 en 2005. In 2005 het hy die toekenning as "Beste Akteur" gewen en by vanjaar se Crystal Awards het hy weggestap met die toekenning as "SA's Hottest Hunk". In 2005 het hy ook by die You/Huisgenoot Spectacular die titel as "SA se Gunsteling Manklike Akteur" ingepalm en vanjaar het hy weggeloop met die toekenning vir "Sexyste Man". Hy het sopas sy derde toekenning vir SA's Sexiest Man ontvang in 2006 van die webwerf Mambaonline.com Sy liefde vir musiek kom van skooldae af. Hy het homself leer kitaar speel en mettertyd sy eie songs begin skryf, maar sy ma het gesê skoolwerk kom eerste ... "Ek het later my songs by enigiemand met 'n studio gaan opneem - net kitaar en vocals en so nou en dan as ek dit kon bekostig 'n bietjie computer dromme laat bysit," vertel Stefan laggend. So het hy aan sy repertoires begin bou en later genoeg materiaal gehad om 'n Demo CD aanmekaar te sit. Twee platemaatskappye het belanggestel en Stefan het by eindelik by Next Music geteken. Sy debuutalbum, Liggroen Doringbome, is einde Oktober 2005 bekendgestel. "Die songs wat ons gekies het vir die album skep 'n goeie prentjie waar ek vandaan kom, waarvan ek hou en wat my interesseer. Ek wou 'n goeie balans van kuier, luister en liefdesliedjies op die CD insluit," sê Stefan. Liggroen Doringbome bevat 14 snitte waarvan 3 Engels, 10 Afrikaans asook een remix. Snitte soos "Kom ons Braai", "Vakansie by die see", "One & Only" en "Moenie nou Huis toe Gaan nie" saam met die titelsnit is vinnig besig om opgang te maak op radiostasies landswyd. Stefan se skedule is propvol. Indien hy nie op stel by Egoli besig is om te verfilm nie is hy iewers in Suid-Afrika of Namibië besig met optredes. Hy doen 'n verskeidenheid van optredes: Appearance waar hy saam met gaste kuier; MC-werk van funksies en 'n paar solo liedjies, 'n vol solo show met kitaarspeler en selfs 'n show met 'n volle orkes ... Jou gunsteling song op die album? "One & Only, want hy speel lekker live en die mense skakel vinnig in by die song." As jy enige kunstenaar ter wêreld kon kies om 'n verhoog mee te deel? "Die band HIM, want ek is mal oor hulle musiek. Ken al hulle songs en ek hou van lekker sterk rock musiek." Wat irriteer jou grensloos? "Mense wat ongeduldig en ongeskik is met ander mense en politiek." Noem 3 dinge waarsonder jy nie kan klaarkom nie? "Eet, slaap en my familie." Iets wat bittermin mense van jou weet? "Ek dra 'n bril as ek lees." Gunstelinge Gee jouself 'n punt uit tien Kies een E-pos of poskaart Seekos of braaivleis Britney of Christina Boxers of briefs Pampoen of groenboontjies Koop / Buy Liggroen Doringbome ...
|
Musiek |