Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Kokkelolwol

Gedurende 1999 begin Jacquie die groep Melk en doen optredes regoor die land. In 2002 was sy tweede in M-Net se Big Brother II realiteitsprogram. In 2003 wen Melk die prys as "beste nuwelinge" in die GERAAS (SABC2) kompetisie met die snit "Kêrrewên Country" vanaf hul album SUUR. Daarna het die bandlede elkeen hul eie rigting ingeslaan.

Jacquie het pas haar eerste volledige oorspronklike album wat gedurende 2007 uitgereik word, opgeneem as Kokkelolwol. Die CD is 'n kombinasie van Afrikaans en Engelse rock, insluitend 'n paar ballades wat almal 'n deel vertel van die verhaal van haar reis deur die lewe. Kokkelolwol is die term wat gebruik word om die wolomhulsel om stuurwiele te beskryf. Verkieslik ouerige motors met Gawiegras (wollerige matterige materiaal) op die dashboard is ideaal vir dié tipe van aanwendsel. Die rede vir die gekose naam volg. Jacquie is die stuurwiel van die band. Gevolglik is sy kronies geklee in een of ander uitrusting afgerond met enige wollerige diervel (verkieslik nagemaak). Sy dui min of meer die rigting aan, maar meer belangrik is Liezl, die ratkas. Sy dui die spoed aan waarteen die voertuig op die gehoor afsnel. Die drommer is natuurlik die uitlaatstelsel. Sit redelik agter die hele spul, maak `n geraas en niemand weet gewoonlik of hy regtig nodig is nie, tot hy nié meer daar is nie. Gelukkig is die radio (backtracks) daar. As dit hard genoeg gedraai is hoor niemand hoe die kar rattle nie, die "vibe" maak op vir alles!

Kokkelolwol support "white trash" en enigiemand wat in karavaanparke woon, veral die permanentes. Wanneer hulle toer bly hulle slegs in karavaanparke of agter iemand se huis in 'n tent, tensy uiters onmoontlik. So bly hulle na aan hul Afrikaner roots, toe oupa nog die guts gehad het om met 'n ossewa oor die Worcester pas te trek. Jacquie is 'n groot voorstander van Afrikaans wat haat om haar tale te meng, en is gereeld by Willem in die moeilikheid wat dink Engels klink meer universeel, behalwe as Jacquie dit met haar aaklige aksent praat, wat die hele spul 'n Catch 22 maak. Jacquie beywer haar vir die insameling van fondse vir 'n groep met die naam "BETHESDA KIDZ". 10% van alle wins uit die verkoop van haar CD asook optredes word geskenk om behoeftige kinders uit Grabouw te ondersteun.
Datums vir optredes in ons Musiekdagboek ...





Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner