Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

David Helfgott

David Helfgott is in 1947 in Melbourne, Australië gebore. Hy het vanaf 'n baie jong ouderdom 'n talent vir musiek getoon.

Op 17 het David onder Alice Carrard, 'n voormalige leerling van Bela Bartok en Istvan Thoman, begin studeer. Laasgenoemde was 'n student van Franz Liszt. Twee jaar later is hy na London om by die Royal College of Music onder Cyril Smith te studeer. Smith het hom as sy mees briljante leerling in 25 jaar beskryf en hom tegnies en temperamenteel met Vladimir Horowitz vergelyk.

As student het David verskeie toekennings gewen, o.a. die Dannreuther Prys vir die Beste Uitvoering van 'n Concerto, na sy triomfantlike uitvoering van Rachmaninoff se 3de Klavierkonsert. Teen die einde van sy verblyf in London het David egter toenemende emosionele broosheid en sielkundige prikkelbaarheid beleef, wat veral veroorsaak is deur die dood van die skrywer Katherine Susannah Pritchard, sy mentor in Perth.

In die sewentigerjare het 'n tydperk van herhaalde insinkings gevolg en David het 'n groot krises beleef, omdat hy gevoel het dat hy sy innerlike aanvoeling vir musiek verloor het. Hy onthou egter die dag toe dit teruggekeer het: "The fog lifted, I could hear again ... I survived."

David is weer onder die aandag van die publiek gebring deur dr. Chris Reynolds, die eienaar van 'n restaurant in Perth, waar David Saterdae-aande opgetree het. Dit is ook hier waar hy sy toekomstige vrou, Gillian, ontmoet het. Met Gillian se hulp en die ondersteuning van die promotor Mike Parry, het David sy konsertloopbaan weer stadig begin opbou. Na uitvoerings in Perth en 'n uitverkoopte toer in die oostelike Australië, is hy na Europa vir konserte in Duitsland en Denemarke.

David het 'n oorwinnende terugkeer tot die konsertverhoog gemaak en 'n reeks CD's opgeneem, o.a. die klankbaan vir die rolprent Shine, wat gebasseer is op sy merkwaardige en inspirerende lewe. Sy opname van Rachmaninoff se 3de Klavierkonsert was vir maande die beste verkoper in Australië, die VSA en die Verenigde Koningkryk. In 1997 is hierdie opname tot "Classical Record of the Year" benoem deur Billboard Magazine.

In Oktober 1996 het David vier konserte in die Sydney Operahuis gegee, wat almal uitverkoop was - 'n tot nog toe ongehoorde gebeurtenis. 'n Uitdagende wêreldtoer het gevolg, met stampvol sale in die VSA en die Verenigde Koningkryk, o.a. in die Royal Albert Hall in London, waar sy uitvoering van Rachmaninoff se 3de Klavierkonsert met staande ovasies toegejuig is.

Gedurende die daaropvolgende vyf jaar het hy regoor die wêreld getoer, o.a. na Asië, Suid-Afrika, Japan, Nieu-Seeland en Europa. David het vier verdere CD's opgeneem, waaronder Brilliantissimo, Brave New World en 'n opname van Tchaikofsky se 1ste Klavierkonsert en Rachmaninoff se Variasies op 'n tema van Paganini. Die hoogtepunt was egter die vrystelling van In Viva in 2001. Hierop is David se uitvoering van twee bewegings van Mozart se Klavierkonsert no.24, in Perth opgeneem in 1961, toe David 14 jaar oud was, ingesluit.

In 2002 is David uitgenooi om Australië te verteenwoordig by die Beijing Musiekfees. In 2003 het hy 'n uiters suksesvolle toer in Europa gehad en is veral in Wenen op die hande gedra.

Een van die hoogtepunte van sy loopbaan was die toekenning van 'n Eredoktorsgraad in Musiek van die Edith Cowan Universiteit in Wes-Australië.

In 2005 en 2006 het verdere suksesvolle toere in Europa gevolg. David het o.a. Rachmaninoff se 3de Klavierkonsert in Italië, Oostenryk, Switzerland gespeel en verdere konserte in Spanje, Noorweë en Denemarke gegee.

Op 26 November 2006 is David verewig in die Australian Walk of Fame.

In 2007 sal Helfgott in Suid-Afrika, Europa, en die Verre Ooste optree.

Hierdie uitsonderlike kunstenaar geniet wêreldwyd erkenning vir sy merkwaardige tegniek en besonderse interpretasies. Sy uitvoerings word gekenmerk deur sy hoogs persoonlike vertolkings, wat 'n bevestiging van die volharding van die menslike gees en verbeelding is.
Besonderhede vir optredes in ons Musiekdagboek ...





Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner