Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Steyn Fourie

Mens kry uiteenlopend en dan kry mens Steyn Fourie: die energieke, middeljarige man, reeds bekend vir die treffer Pennies op die spoor, maar lank nog onbekend vir sy unieke aanslag met kinders, enige ouderdom van agt tot tagtig!

Steyn het vroeg in sy loopbaan naam gemaak as jazz kunstenaar maar het vinnig sy veelsydigheid verder ontwikkel en sodoende nie sy jazz opgegee nie, maar wel verskeie ander musiekstyle aangeleer en vandag staan hy vir geen musiekstyl terug nie! Hy hou van 'n eg Suid-Afrikaanse kwêla, maar sal jou uit jou sokkies uit rock en as dit nie jou styl is nie, kan jy saam met hom sakkie-sakkie dat die stof so staan!

Sommiges glo Steyn is met 'n goue stem in sy een hand en 'n kitaar in sy ander hand gebore en gehore word binne sekondes woordeloos gelaat met die aktiewe wyse waarop Steyn die snare tokkel en saam met hul gaan snuffel tussen die bekende musiek van die sestigerjare en nader kruip deur die dekades tot die eeu waarin ons vandag leef.

Juis laerskool kinders geniet dit om saam met Steyn in die 21ste eeu te kuier, want op sy eie hip-hop, interaktiewe en vars manier leer hy die kinders omtrent die tien gebooie, op so 'n wyse dat kinders die lesse blywend vind én steeds geniet! Steyn tree daagliks by Afrikaanse laerskole dwarsdeur Suid-Afrika op en sedert Maart 2004 het hy reeds meer as 350 suksesvolle vertonings agter die rug, oor die 80 000 cd's verkoop, verder as 220 000km getoer en meer as 300 000 kinders bereik! Al hierdie skole vertonings het gratis plaasgevind aangesien Steyn besluit het om sy talent met die kinders te deel en sodoende op God se genade te vertrou en sedertien het hy nog nooit terug gekyk nie!

Maak nie saak waar Steyn hom bevind nie, hy't altyd iets te sing oor die plek of die mense rondom hom en op so 'n wyse besing hy wat rondom hom gebeur, wat hy sien, wat hy hoor en alles wat hy beleef en by enige byeenkoms kan hy onmiddellik inskakel en sorg vir oomblikke van groot vermaak! Dit wat hy wil sê, sing hy eerder en publiek hang aan sy lippe wanneer hy onvoorbereid voor hul staan en liedjies binne sekondes opmaak.

Steyn is nie net 'n uitstekende musikant nie, maar tree ook grootskaal op as seremoniemeester, of dit nou 'n modeparade, potjiekos kompetisie, fees of funksie is, geen byeenkoms is te nietig vir hom nie en op 'n unieke en stylvolle, tog grappige en loslit wyse verseker hy dat mense in gemak kan ontspan terwyl hy hul moreel streel en opbouende geselsies aanknoop. Steyn is 'n voorstaander van familie vermaak, dus is hy ook 'n aanwins vir familiebyeenkomste en deur en deur is dit al bewys: alle ouderdomme is gaande oor hom en hy stel nie sy gehore teleur nie!

Verder is Steyn ook in die musikale kringe bekend as liedjieskrywer en op gereelde basis help hy ander kunstenaars met die skryf van liedjies en die toonsetting daarvan. Sy betrokkenheid word ook op verskeie ander kunstenaars se cd's gemeld en hy's gereeld agter die skerms besig met musikale afrigting.

Steyn is verseker al die pennies op die spoor werd en hierdie is 'n kunstenaar wat keer op keer meer gee as waarvoor hy bespreek was, want sy musiek is nie net sy werk nie, maar ook sy passie en dit vloei onophoudelik deur sy are, net so sterk soos wat sy hart vir sy skoleprojek klop!





Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner