AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sęgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Songs uit my binnesak
Anneke Visagie en Karen Wessels sing saam en word in hulle eie reg in die kollig geplaas
op die album. Daar is 'n duet gesing deur Richard van der Westhuizen en Anneke
Visagie, teryl Karen Wessels 'n roerende rendisie van haar eie komposisie, "Hoe Durf Jy",
doen. Die album word sterk ondersteun deur die viool van Lizelle le Roux en die tjello
van Emrie de Klerk. Musikale verwerking en produksie is deur Andrew Roos en Richard
van der Westhuizen. Die songs is stil en deurleefd, meer melodie as rock, meer
berusting as angst, en mens word meegevoer na baie lekker holtes in die hart. Die
songs vertel stories van verlies, verlange en hoop, maar ook van frustrasie en
uiteindelik berusting. Die lot van ou musikante, die enkeling wat oplaas 'n vreemdeling
vir homself is, die helende koelte van water, en die engele wat waghou by die ou wie
se bakkie finaal die gees gegee het, is maar 'n paar dinge waaroor gesing word.
|
Musiek |