AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sęgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Revolusie, Romantiek, Ruk en RolGlaskas was die wenners van die 2004 JIP Rockspaaider-kompetisie in die Oos Kaap, waarna hulle as deel van die top 6 aan die nasionale kompetisie by Aardklop deelgeneem het. Voorsanger Deon Meisring het in 2005 deelgeneem aan die ATKV Crescendo-kompetisie (skeppend en uitvoerende afdeling) en 'n 3de plek behaal met sy liedjie "Vrede". Die groep het in 2005 optredes by die KKNK en Aardklop gehad, en ook vir verskeie kunstenaars, soos Jan Blohm, Klopjag en Melktert Kommissie, openings vertonings by Potter's Place te Jeffreysbaai gehad. Dit is juis by een van die vertonings dat hulle die oog van Jan Blohm gevang het en hy het hulle genooi om 'n CD op te neem. Hierdie debuut CD Revolusie, Romantiek, Ruk en Rol is onlangs uitgereik en hulle ontvangs Aardklop was baie goed. Die verspreiding van die CD word deur Bowline Musiek hanteer. Die groep speel alternatiewe Afrikaanse (bietjie African) Grunge Rock met 'n vars klank. Al die liedjies se lirieke en musiek word deur Deon Meiring, lead guitarist en vocalist geskryf om die klank te lewer wat pas by die boodskap wat hulle wil tuisbring. Indien die gedrag van die toeskouers by hulle gigs 'n aanduiding is, is dit 'n wenresep! Die naam Glaskas verwys na die wereld se manier om mense vas te vang in 'n glaskas. In die Glaskas kan jy die moontlikhede voor jou sien maar die glas keer dat jy dit kan voel en aangryp. Musiek is vir die bandlede 'n manier om die glas te breek. Die groep is jonk en energiek en is beslis besig om baie gewild te raak!
|
Musiek |