AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sęgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Vuur en VlamDie boeremusieklegende Ollie Viljoen en die bluesrocker Valiant Swart het pas die opnamesessies voltooi van hul eerste gesamentlike album, getiteld Vuur en Vlam. Die album bevat sewentien snitte, bestaande uit 'n handvol tradisionele boeremusiek en volksliedjies, asook 'n dosyn splinternuwe skeppings. Daar is byna ewe veel instrumentale as vokale nommers, oorwegend in die volks- en boeremusiek idioom, afgewissel met invloede uit die twee kunstenaars se gedeelde passie vir blues en cajun/jazz/sigeunermusiek. Ollie speel akkordion, klavier en Hammond-orrel, terwyl Valiant sing en die kitare speel. 'n Groep uitgesoekte musikante, deur Ollie en Valiant gedoop Die Mystic Boereorkes, het kragte saamgesnoer om aan die album 'n onweerstaanbare vonkel te verleen. Daar is, onder andere, die konsertinakaptein Barney van Dyk, die dromme-en-perkussie maestro Barry van Zyl, die viool-fenomeen Wynand Davel, die trompetgeskal van Adriaan Brand en die bobaas blues-bekfluitjie van Dave Ferguson. Verder lewer Laurinda Hofmeyr 'n spesiale gasoptrede op een van die ou gunstelinge. Die opnamesessies is volledig verfilm vir die vervaardiging van 'n DVD, wat later vanjaar uitgereik word. Redigering hiervan word gedoen deur Neil Sandilands en die vervaardiger is Johan Badenhorst. Twee sonderlinge insluitings is opnames van liedjies van George Snyman, 'n tuinier en houtkapper van Malgas. George, self 'n kitaarspeler, en Valiant het 'n paar jaar gelede ontmoet en haal gereeld die kitare uit om saam musiek te maak. Valiant en Ollie het besluit om van George, oftewel 'Oom Jolla', se liedjies op te neem, en die resultaat, gesing in die oorspronklike streeksdialek, is werklik iets besonders - aards en eerlik. Nog 'n interessante toevoeging is Valiant se toonsetting van die G.A. Watermeyer-gedig "Ballade op die dronkparty". Die gedig is oorspronklik in 1948 in die bundel Sekel en Simbaal gepubliseer, en was 'n natuurlike keuse vir toonsetting, aangevuur deur Ollie en Valiant se gelyke liefde vir Afrikaanse poësie, Bolandse rooiwyn en goeie ou samesyn.
|
Musiek |