Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Chris Chameleon wen SAMA

Chris Chameleon het tydens die jaarlikse SAMA Toekennings-geleentheid by Sun City die SAMA vir beste kontemporêre Afrikaans album vir 7de Hemel ontvang.

Hierdie erkenning is `n spesiale eer vir Chris omdat die musiek vir 7de Hemel onder geweldige druk geskryf was tydens die opname van sy verskynings as Liam in die gewilde sepie 7de Laan. Chris Chameleon het dikwels eers die aand voor die volgende dag se opname sy instruksies gekry oor waaroor die lied moet handel en in watter konteks dit uitgevoer moes word. Die lied "Droomland" was ook genomineer vir `n SAMA vir "Liedjie van die jaar."

Chris Chameleon se Engelse album Shine was ook vir 'n SAMA vir Beste Alternatiewe album genomineer. Die liedjie "Anywhere" op hierdie album het in Februarie 2007 die semi-finale rondte gehaal in die ISC Internasionale Liedjieskryf-kompetisie.

Dit was tot dusver `n besonderse jaar vir Chris: Bo en behalwe die SAMA-toekenning en benoemings, is hy ook in Februarie as die wenner aangewys vir die Beste Manlike SOLO- en SEXIESTE-kategorieë in die eerste MK89-toekennings. In Maart het hy die nuus ontvang dat hy `n erepenning toegeken word deur die Afrikaanse Akademie van Wetenskap en Kuns vir sy bydrae in Afrikaanse Ligte Musiek. Sy optredes by KKNK April 2007 het weereens vol sale gelok. Die feeskoerant KRIT het Chris as n "fenomeen" beskryf en sy produksie Volkleurmannetjie is genomineer vir `n KANNA-toekenning vir Beste Musiekteater. Die KANNA-toekenningsgeleentheid vind in Mei in Stellenbosch plaas.

Met soveel sukses, erkenning en ondersteuning is dit opwindende nuus dat Chris volgende week vir `n Europese toer vertrek. Hy sal vanaf 27 April tot 13 Mei in Londen en Nederland optree. Dit sal sy tweede besoek aan Londen en derde besoek aan Nederland wees as solo kunstenaar. Dit blyk duidelik aan CD-bestellings, e-posse van oorsee en besoeke aan sy webtuiste dat Chris reeds vele aanhangers in Europa het. Sy vorige toer in 2006 het soos in SA, vol sale gelok.

Chris Chameleon is tans in die ateljee besig met die opname van sy nuwe Afrikaanse album wat in Julie 2007 uitgereik sal word.





Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner