Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Kunstekaap stel klassieke musiekkompetisie bekend

Kunstekaap, die Wes-Kaapse uitvoerende kunste geselskap, het sy eerste Nasionale Jeugmusiekkompetisie bekend gestel wat van 1 to 6 Oktober in Kaapstad plaasvind. Die kompetisie met pryse ter waarde van R50 000 is gemik op talentvolle jong klassieke musici. Dit is die enigste jeugmusiekkompetisie van sy soort in Suid-Afrika waar die ses finaliste saam met die Kaapse Filharmoniese Orkes (KFO) optree.

"Dié is 'n nuwe toevoeging tot Kunstekaap se korporatiewe portefeulje van produkte in lyn met ons missie om die kunste te ontwikel, voort te help en te bevorder op 'n wyse wat uitnemendheid onder die jeug aanwakker," sê Michael Maas, uitvoerende hoof van Kunstekaap.Alle klassieke pianiste en orkesinstrumentaliste tussen die ouderdom van 14 en 19 jaar kan aan die kompetisie deelneem. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 26 April 2007."Omdat dit 'n nuwe inisiatief is, sal ons toelaat dat wenners van ander kompetisies aan dié kompetisie deelneem. Dit sal die standaard van professionalisme lig," sê Maas.

Altesaam 30 deelnemers sal tydens kwalifiserende oudisies by sentra in in Pretoria, Johannesburg, Bloemfontein, Durban, Port Elizabeth en Kaapstad gekies word. Gekeurde deelnemers sal kort ná die oudisies in Junie vanjaar aangekondig word.

Die kompetisie bestaan uit vier rondes en sal van 1 tot 6 Oktober by die Kunstekaap Skouburg in Kaapstad plaasvind. Alle gekeurde deelnemers sal in die eerse twee rondes speel. 'n Maksimum van 12 deelnemers sal na die derde ronde deurdring waarna die ses finaliste saam met die Kaapse Filharmoniese Orkes sal in die finale ronde meeding. Alle rondes is oop vir die publiek.

"Dié kompetisie bied aan uitstaande jong klassieke musici die geleentheid om hulle tegniese en musikale vaardighede in 'n wedstryd-milieu te ontwikkel. Kunstekaap het dié inisiatief in samewerking met die Kaapse Filharmoniese Orkes en Fine Music Radio (FMR) van stapel gestuur om die volhoubaarheid van die uitvoerende kunste te verseker. Die sukses van dié kompetisie sal grootliks bydrae om borgskappe vir toekomstige kompetisies te verseker," sê Maas.

'n Kompetisiebrosjure en inskrywingsvorms kan van Kunstekaap se webtuiste by www.artscape.co.za afgelaai word. Geïntereseerde musici kan ook skryf aan die Sekretariaat, Kunstekaap Jeugmusiekkompetisie, Posbus 4107, Kaapstad, 8000, of e-pos: glynisb@artscape.co.za, of faks: (021) 419-8756.

'n Nie-terugbetaalbare inskrywingsfooi van R120 per inskrywing is betaalbaar en kandidate mag nie vir meer as een instrument inskryf nie.





Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner