Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Tattoo

Al amper tien jaar lank vermaak Pieter Koen die land met sy ritmeplukkers - van "Skud jou Biscuit", "Welkom In My Wêreld" en "Killimanjaro". Nou kry ons Tattoo - 'n album wat duike in die dansvloere gaan moker! Ja, net toe jy dink daar's 'n blaaskansie op die dansvloer, is Pieter Koen terug met nóg sweettappers en trefferparadeknakkers!. Sy splinternuwe album Tattoo kóók! Dit is 'n viering van die lewe!

Kosie van Niekerk, Select-Musiek se platebaas, sê prontuit: "Ek waag my trots op 'n blok, want ek wéét dié album gaan goue status tréf!"

Die album dra die stempel van liefde en geluk, met heelwat lirieke in samewerking met Pieter se vrou, Lotie, geskep. Die resultaat is 'n vars, ánderse kykie na verhoudings en die lewe - met heelparty juwele hierop.

Naas die polsende humorliedjie "Tattoo", wat met reuse-gewildheid by die pas afgelope Aardklopkunstenfees getoets is, is daar 'n rits ander vreugdeliedjies - van "Hey", "Heyto Patato", "Wil Wil Jy (Of Wil Jy Nie)", "Oe La La La (Jy's Die Een)", "Die Party Gaan Nou Begin" en die vrolike liedjie "Dis 'n Fees Fees Fees".

Tussen die bekoorlik ritmeballades is die snitte "Alles Klaar", "Ek is Vry", "Ek Sal Daai Aand Mos Nooit Kan Vergeet Nie", "Skoon Verlore", "Een Duisend Maal" en "Ek Is Lus Vir Jou".

En daardie vashoulus word bevestig op Pieter se polsweergawe van "She's In Love With You".

Die trefferliedjieskryfduo Marc Brendon en Don Kelly het oudergewoonte waardevolle insette gelewer en Pieter self was vaardig met die liriekpen.

Tussen die treffende ballades is die liedjie Jòvan, opgedra aan Pieter en Lotie se seuntjie. Die bekroonde liedjieskrywer en sangeres Nianell het die meevoerende melodie hiervoor geskryf.

In bonusstyl is daar 'n stuitige hermeng van die titelsnit, en in die gees van Springbokrugbyhoop: die snitte "Ladioo" en "Bakgat Bokke Bokke" ('n positiewe score song op die aanhitsende snelritme van "Zorba se dans"). Pieter Koen se splinternuwe album is met gehalte gestempel en spog met 'n gebalanseerde, wydtreffende klank - die eindresultaat van verskillende regisseurs se inslag: Harold Schenk, Byron Kuntz, Tertius Jacobs, Crighton Jacobs, Christie Schutte en Sean Manley & Gavin Vaughn.

Kry dié gewilde Kwêla-veldaanbieder se jongste album, Tattoo. En geniet slim woordspel, dubbelsinninge pret en heerlike, ligte ontvlugting. Boonop met aangename stemwerk vertolk!

Pieter Koen mérk jou. Kry daardie Tattoo - sónder skande of skade - en spog met die ritme in jou litte en die merk op jou mou. Dis Tattoo: "Wys my joune ..."

Pieter Koen - TattooKoop/Buy Tattoo ...

Koop / Buy Tattoo ... MP3's (net een of almal)





Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner