Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sęgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Real

Die witbroodjie van Blues is terug met nog 'n suksesvolle meesterstuk.

Real volg op die hakke van Dan Patlanksy se baie suksesvolle True Blues (2004 - EMI Blue Note). Na 'n baie suksesvolle toer van True Blues, het almal wat betrokke was daarby hulle tande geslyp om 'n projek te takel wat opreg en eerlik is. En so het Real die lig gesien.

Die album is 'n verklaring van sy siel en is al beskryf as "sy mees opregste werk". Real bevat style varieer van Stevie Ray Vaughan tot Steely Dan. Die meerderheid van die liedjies is geskryf deur Dan P saam met die talentvolle baskitaarspeler Gordon Legg en Andy Turrel - Dan se drommer en toer-troebadoer.

Verskeie snitte op die album bevat diep emosionele betekenis vir Dan. "Real" is geskryf oor die ware kleure en geure van Dan Patlanksy terwyl "Bad Weather Blues" geskryf is oor Dan se eie ervaringe in Orkaan Katrina. "Blues for New Orleans" is in 2005 saam met die bekende Batiste-gesin lewendig opgeneem by die WWOZ-FM in New Orleans. Die album bevat ook "Dead Shrimp Blues" van Robert Johnson en "Your Mama Don't Dance" van Loggins en Messina, waar Dan 'n tikkie van die Patlansky-styl verleen.

Real - Dan PatlanskyReal is in die SABC-ateljees, einde 2006, opgeneem. Dan meen dat root music altyd lewendig opgeneem moet word en die eindproduk het selfs die norsste van resensieskrywers na hulle asems laat snak. Graeme Currie en Gordon Legg het saam met Dan ingesit op die produksie van hierdie album omdat Dan gevoel het hy wil graag saam met musikante van 'n gelykstaande kaliber werk. Die album is oorspronklike veteraan Blues wat integreer met die moderne styl wat ons era verlang.

Die kunstenaars wat betrokke was by die produksie sluit in Currie, Turrell en Martin C Horne.

Real is die enigste moontlike manier om die man agter die kitaar te leer ken.

Gryp 'n CD nader en stel jouself gerus voor aan Meneer Patlanksy.





Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner