AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek These are Birthmarks"These are Birthmarks expresses the birth of Ménage à Trois into the music industry. As first albums often have scattered concepts, the songs are really only tied together in one way. They are birthmarks to me. The beginnings of great things to come. It's where I come from ... what I've seen and what I've learned." - Auriel Lefebre Ménage à Trois, beteken threesome in Frans, is "gebore" toe die skrywer en musikant Auriel Lefebre, drommer Jako Loots (Gordons Suitcase, Scicoustic) en baskitaar speler Garth de Meillon (Scicoustic, Natalie Chapman) mekaar gevind het. Soos in 'n sprokie, het hulle die talent in mekaar laat skyn. Die unieke klanke en kreatiewe vonk wat Ménage à Trois is, het veroorsaak dat hulle naam op die lippe lê van almal wat iemand is. Ménage à Trois is 'n unieke kombinasie van bas aangedrewe funk en melodiese folk rock. Elke groepslid dra by tot die projek met hulle eie styl en invloede sluit in Ani DiFranco en The Dave Matthews Band. Asof hulle talent nie genoeg is nie, laat hulle gehore met oop monde staar terwyl Auriel die een kunstenaar na die ander op die verhoog laat klim. Die kunstenaars dra elk ook 'n spesiale bydrae tot die album. Hulle sluit in: Lanie van der Merwe (Electro-Muse) op tjello, Illimar Neitz (Gordons Suitcase) op kitaar en Stefan Smuts (voorheen van The End) wat met sy Nick Cave-tipe stem Auriel se hees gekoer komplimenteer. Die kunstenaars verryk die geur van Ménage à Trois en veroorsaak 'n klank wat lank nadat die vertoning geëindig het nog in die gehoor se gedagtes vibreer. Die melodieë is nie net mooi nie maar dra ook diep betekenisse wat lig gooi op menigte onderwerpe. Die lirieke offer nie net skerp denkwyse nie maar ook perspektiewe oor sake wat voorheen as onbeskryflik beskryf sou word. Dit laat jou met 'n gevoel van ingeligtheid en innige verryking. Ménage à Trois is 'n in-your-face musiekgroep wat dit hulle missie maak om die wêreld 'n ding of twee te vertel. Vir die ware musiek kenner wat fokus op die lirieke in plaas van wat in jou glas lê, sal jy vind dat Auriel beslis nie 'n wag voor haar mond geplaas het nie. Sy kan dierbaar, ontraakbaar, wild of uitdagend wees en los jou altyd met 'n gedagte wat in jou onderbewussyn rond maal. Omdat hulle sessie musikante inbring, lei dit tot 'n baie interessante tekstuur wat jou laat smag vir meer. Ménage à Trois het houding - en hope daarvan!
Koop / Buy These are Birthmarks ... MP3's (net een of almal) |
Musiek |